Doen iets goed - hier is jou kans

Doen iets goed - hier is jou kans

Gansbaai Courant

‘n Pragtige inisiatief van Share besorg nou welwillendheidsgeleenthede aan besighede en weldoeners in Gansbaai. “Het u al beraadslaag om iets goeds vir die gemeenskap van Gansbaai te doen, maar nog nie sover gekom om dit te doen nie?”, is Share se vraag en dan vertel die Bestuur dat hier nou ‘n unieke geleentheid daarvoor is:

“Koop ‘n ‘Share - boekie’ met 10 kaartjies by ‘Share’ se perswinkel in Gansbaai, op die hoeke van Hoof- en Skuinsstraat. Elke kaartjie verteenwoordig R5.00 wat aan die draer van daardie kaartjie ‘n koppie sop en 4 snye brood gaan voorsien gedurende die koue wintermaande.

U kan aan die draer van die kaartjie ‘n klein werkie gee, soos byvoorbeeld ‘n sakkie rommel optel, of tuinwerkies, of iets wat u goeddink, en wat redelik is om te laat doen, in ruil vir die kaartjie. Andersins kan u net aan ‘n kind, ‘n ouer persoon en/of volwassene op straat, wie sorgbehoewend is, die kaartjie oorhandig.

So doen u ‘n deel om Gansbaai se gemeenskap te help versorg. Die fondse help dan weer vir ‘Share’ om die sopgroente en brood te bekom, en so sit ons ‘n bal aan die rol vir behoeftiges gedurende die wintermaande, en ons doen elkeen ons deel. Terselfdertyd lewer ons ‘n groot bydrae om dwelm- en drankgelde te verhoed, aangesien die kaartjies net vir sop en brood verruil kan word.”   

Die sop en brood sal vanaf Maandae tot Vrydae, daagliks vanaf 13:00, by ‘Share’ aan die draer van elke kaartjie oorhandig word. Gaan loer ook gerus in vir vele handige items in die perswinkeltjie. Share staan vir: S - Social; H - Health; A - Animals; R - Rehabilitation & Restoration; E- Education (ECD).

Verdere navrae rakende hierdie kosbare geleentheid om ‘n deeltjie te doen deur ‘n boekie met kaartjies te koop, kan aan Rachel Engelbrecht by 076-439-8965 gerig word.

Hardus Botha

Doen iets goed - hier is jou kans

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant