Gansbaai Courant

Blog: Blomparker wys boekstaal

Published: 20 May 2016
By:Hardus Botha

Jolyn Phillips, ‘n eks-Blomparker, het haar “boekstaal” op 19 April 2016 gewys toe sy haar eerste boek, Tjieng Tjang Tjerries and other stories in Kaapstad bekendgestel het.

Jolyn is in Blompark gebore en het daar grootgeword. Jolyn neem al sedert 2012 aan die “Open Book” en “Franschoek Literary Festivals” deel, met haar skryfwerk wat onder andere al in Aerodrome, ‘n aanlyn litilêre webtuiste, gepubliseer is.

In 2013 verwerf sy haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns (Creative Writing) aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) en in 2014 word sy as die Mandela Rhodes Skolier aangewys.

Tans is hierdie belowende jong skrywer besig met haar PhD in Taalonderrig (Language Education) aan UWK.

Van die kommentare wat sy ontvang het, is die volgende: “An impressive debut that brings across voices never heard before in South African English - not only in rhythm and timbre, but plumbing the unspoken.

With such a remarkable ear, Jolyn Philips is a young writer to watch.” - Antjie Krog; “It is rare that one encounters a debut as good as this one.

Humane, humorous and completely original, these sparkling stories gives a voice to a South African community too long ignored by the literary canon. Jolyn Phillips is a gifted young writer to watch.” - Meg van der Merwe; “A most original new voice in South African literature” - Shaun Johnson.

Hardus Botha

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...