Ontmoet Jesus se geliefde Helper!

Ontmoet Jesus se geliefde Helper!

Gansbaai Courant

Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur. En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde.” (Joh. 16:7,8)

Elke keer wanneer ’n kind sukkel om ’n taak soos sy huiswerk te doen, hardloop hy of sy gou na sy ma toe en vra om hom of haar te help en die werk te verduidelik. Wanneer my motor ’n meganiese probleem het, help dit my niks om oor die lug aan die meganikus te verduidelik wat is fout nie.

As hy dan self na die motor kom kyk kan hy gou aan my verduidelik wat fout is – en ek verstaan dan die probleem beter. Dit is ook  baie keer in ons moderne tyd nodig dat iemand ons moet help met ons selfone of ons rekenaars.

Het jy geweet dat ons as Christene ook só ’n spesiale Helper het wat ons kan bystaan as ons sukkel om te bid of as ons nie weet hoe om te glo nie? Dit is GOD, die Heilige Gees. Jesus het ook ’n baie spesiale naam vir die Heilige Gees: Parakletos (Grieks) of Helper (Afrikaans én Engels!) Voordat Hy na die hemel opgevaar het, het Jesus aan Sy dissipels die versekering gegee dat Hy hulle nie alleen sou agterlaat nie, maar dat Hy vir hulle ’n Helper sou stuur om hulle te help as hulle bid (Rom. 8:26) en om aan hulle te verduidelik wat hulle moet glo (in alles te help sodat hulle presies sou weet wat Hy aan hulle geleer het. (Joh. 14:26) Dit is die Heilige Gees wat ons tot geloof in Jesus bring en ons ook help om Jesus se woorde (die waarheid) beter te verstaan.

Weet jy wat is ’n Parakletos? Griekse soldate het in oorlogtyd nooit alleen in ’n geveg ingegaan nie, maar in pare. Hulle het rug aan rug geveg sodat hulle altyd mekaar se blinde kant kon beskerm.  Jou gevegsmaat was jou parakleet. Netso sal Jesus nooit toelaat dat ons alleen in ons stryd teen die bose veg nie. Die Heilige Gees is ons vennoot in die geveg en Hy sal altyd ons blinde kant beskerm. Wonderlik is dit nie! Geen wonder Jesus sê dat dit tot ons voordeel is dat Hy moet weggaan nie. In Sy plek het ons nou ’n parakleet (helper) wat ons altyd weer sal laat terugdraai na Jesus toe. Die wonderlikste is natuurlik dat hierdie Helper ons van binne af nuut maak sodat ons al hoe meer vrug vir GOD kan dra. (Gal. 5:22,23)

Meer oor hierdie wonderlike Helper volgende week! Geniet Sy bystand en vriendskap in jou lewe!

Ontmoet Jesus se geliefde Helper!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant