Dans van die Pikkewyne

Dans van die Pikkewyne

Gansbaai Courant

“Dans van die Pikkewyne” klink dalk na ‘n riller-storieboek. Eintlik was dit maar net die maandeindfunksie van die Birkenhead Boothengelklub - met almal wat swart en wit moes aantrek en die saalmure en tafels, asook die toegangskaartjies, wat met ‘n pragtige Afrika Pikkewyn-tema versier is.

“Vanaand is nie ‘n fondsinsamelingsaand ten bate van die Afrika Pikkewyn nie,” het voorsitter Philip Fourie gesê. “Dit gaan vir ons as klub oor ons ondersteuning van seevoëls en pikkewyne en verwante bewaringsprojekte en net vrywillige donasies word gevra.” Hy het na die pikkewynfigure teen die muur gewys en gemeld die drie stelle van groot na klein is ‘n heenwys na die kommerwekkende vermindering van pikkewyngetalle.

Dit was klublede Steve en Margi Muller se beurt om die funksie te reël. Margi het R5 vir elke kaartjie (60) wat verkoop is ter ondersteuning van pikkewynprojekte geborg, met Philip wat dieselfde gedoen het. Daarna het heelparty gaste by hulle aangesluit en die uiteinde is dat die Birkenhead Boothengelklub ‘n R1,000-steen by die African Penguine & Seabird Sanctionary (APSS) kan koop. Die bedrag van R1,303.00 is reeds deur Margi by die APSS inbetaal vir die “baksteen” (bordjie) wat bestel moet word. Die twee bottels wyn is met die gebruiklike geluktrekkings deur Lynette Jones en Elma Stofberg gewen. Die ete, bestaande uit vis & skyfies, ‘n uitstekende “butternut”-slaai en ‘n nagereg, asook ‘n broodtafel, is terdeë geniet. Jan Lourens het die voete met sy Musiekfabriek laat jeuk en al wat ‘n “pikkewyn” was, was op die dansvloer.  

Die Birkenhead Boothengelklub se volgende boothengel-kompetisie is vir Saterdag, 4 Junie 2016 geskeduleer, met die aandfunksie dieselfde aand. Vir funksie-navrae kan Philip Fourie by 082-747-3634 geskakel word en vir kompetisie-navrae Jean Downing by 076-840-3393.

Hardus Botha

Dans van die Pikkewyne

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant