RESENSIE

RESENSIE

Gansbaai Courant

Vrediger

Dibi Breytenbach

ISBN: 9780799379433

Prys: R216.00

Plaasaanvalle? Grondgrypers? Dis alles hier.

In een dag verander Willem Maarschalk se lewe onherroeplik. Hy word geroep na ’n koelbloedige moord op ’n onskuldige meisie, word gekonfronteer deur ’n woedende skare wat sinspeel daarop dat hulle die plaasmense vir die moord verantwoordelik sal hou en dan, daardie einste nag nog, word die plaasmense wreed aangeval.

Dit is eenvoudig die verskriklikste dag van Willem Maarschalk se lewe. Op vier en veertig is hy die gekoesterde raadgewer en prokureur van ’n skatryk suikerbaron. Ná ’n egskeiding en verhuising na ’n klein dorpie in die Natalse platteland, is Willem se lewe rustig en relatief ongekompliseerd, tot dáárdie dag.

Alle vingers wys na die politiek en dit neem nie lank vir die plaaslike polisie om hulle verdagtes te identifiseer nie. As regsgeleerde moet Maarschalk onpartydig bly, maar hoe kan ’n mens onpartydig wees teen die geweldige oormag van getuienis?

Net toe Willem dink dit kan nie erger nie, verander die saak drasties en alles versleg.

Vrediger is ’n roman wat handel oor vooroordeel en verborge motiewe. Dibi Breytenbach is ’n regsgeleerde en sy werk in die strafhof. Sy weet waaroor sy skryf. Bladsy na bladsy slurp sy jou dieper in die hof se geheime, die polisie se ware omgee en by tye onbeholpenheid, die haat van politiekery en die noodsaak van mense om te behoort. Meer nog as in haar opspraakwekkende debuut, Saliger, neem Dibi die leser op ’n bloeddeurdrenkte tog tot diep in die Suid-Afrikaanse regstelsel. Dit is ’n naelbytboek.

Chanette Paul sê van hierdie roman: “’n Baie lekker storie en lekker geskryf. Die karakters oortuig, die Zoeloeland-omgewing word baie goed uitgebeeld en die sosiale kommentaar verryk die roman.”

RESENSIE

Lapa Uitgewers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant