GANSBAAI 'n Besonderse streek en sy mense

GANSBAAI 'n Besonderse streek en sy mense

Gansbaai Courant

 “Gansbaai se ontstaansgeskiedenis is onlosmaaklik deel van sy hartklop - die visbedryf: die gawe van die see wat die pioniersvissers geklee, gevoed en vooruit laat beur het.

In dié boek is die storie van die visbedryf in die stemme van die mense vasgevang, praat die verlede deur die nageslag en hoor jy die ryk vissermanstaal in die staaltjies van gister tot vandag.” - (SD Fourie).

“Iemand het eendag gesê ‘n geskiedskrywer is ‘n profeet wat agteruit kyk,” het Pieter Scholtz (Voorsitter: Gedenkbundel Komitee), tydens die bekendstelling van die langverwagte boek gesê.

Hierdie boek, Gansbaai…’n besonderse streek en sy mense (skrywers: Jan en SD Fourie), is die verwesentliking van menige Gansbaaier se droom en is op Vrydagaand, 6 Mei 2016 tydens ‘n prestige funksie in die Birkenhead Boothengelklub se saal bekendgestel. Mnr Francois (Kat) Myburgh, Area-bestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Admini-strasie, het as seremoniemeester opgetree en ook die verwelkoming behartig. In haar spreekbeurt het SD Fourie, medeskrywer saam met haar eggenoot, Jan, onder andere na Jan se jarelange “plakboek” verwys, met uitknipsels en foto’s oor en van Gansbaai ter illustrasie van sy jarelange passie vir dít wat nou met die finalisering van die boek gerealiseer het.

Die voorsitter van die Gedenkkomitee, Pieter Scholtz, het na die boek as ‘n “juweel in woorde” verwys. Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, het gesê sy beskou dit as ‘n besonderse voorreg om haar gelukwense aan die skrywers, komiteelede en ander betrokkenes oor te dra, waarna sy ‘n heildronk op die boek ingestel het. Komiteelid Philip Fourie het die baie lang lys van bedankings behartig, waarna boeke aan etlike persone oorhandig is.

Hierdie kosbare kleinnood is teen R300 per eksemplaar by Gansbaai Toerisme, Gansbaai Superspar en Gansbaai OK Foods te koop.

Hardus Botha

GANSBAAI 'n Besonderse streek en sy mense

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant