Black Leaves veroorsaak amper massamoord

Black Leaves veroorsaak amper massamoord

Gansbaai Courant

Rangers van Bredasdorp was verlede Saterdag op pad om die Baai die doodskoot toe te dien, danksy die wendrie deur Brendan-Lee Dickson wat in die hoekie oor is om uit die Rangers se kloue te ontsnap .

Met die telling lank op 12-13 teen die Baai, en Rangers van Bredasdorp wat verbete daaraan vasklou, kon jy die skok en teleurstelling op menige Black Leaves ondersteuners se gesigte sien wat hartaanvalle sou kon veroorsaak, maar na die eindfluitjie kon die kroegman darem alles weer regstel met sy doepas. Uit die aard van die saak verdien Black Leaves nog 4 waardevolle punte wat hom nou tree vir tree onder die voorste 4 spanne kan laat inkruip.

In winderige toestande was dit glad nie ideal vir skoprugby nie, maar veral Rangers se losskakel het hom baie goed gekwyt van hierdie taak. Binne die eerste 10 minute van die wedstryd ruik die Baai eerste bloed met Elrich Dunsdon (Pokkel) wat oorduik vir ‘n onverdoelde drie (5-0). Met die wind faktor probeer die manne met kort aangee en  hou die verdedigingslyne dig toe met min beweegspasie, maar dit was juis hier waar die skeidsregter die onkantlyn gereed bepaal het wat die voordeelarm laat uithang het. Black Leaves staan strafskoppe af wat Bredasdorp se losskakel laat slag met 2 strafskoppe (5-6). Divvy, met sy akkurate voet pale toe, word telkemale deur die wind gekortwiek. Dit word dan ook die halftyd telling.

Met die aanvang van die tweede helfte was die tafel gedek. Na ‘n geelkaart slaan Rangers munt uit die situasie en neem hul telling na 5-13 met nog ‘n doel en pen die Baai op die manier behoorlik vas. Na ‘n plaasvervanging hier en daar, ‘n paar posisionele veranderings, begin die baai ‘n bietjie konsolideer en Gollie Swarts (No. 8) bars oor die doellyn vir ‘n manjifieke drie, verdeel deur Divvy (12-13).

Die uurglas begin dan stadig uitloop en die onderskeie ondersteuners begin hul spanne aanmoedig in baie goeie sportmangees. Toe die “ref” stiptelik na sy horlosie begin loer, begin dinge te knaag en ‘n haas moes uit die hoed uit gepluk word en Brendan Lee steek weer sy hand daarin met ‘n praglopie om met ‘n sierlike duikslag agter die doellyn in die hoekie oor te seil. Maar kon jy vir oom Staffie en oom Wielie sien? Uitgelate van opgewondenheid. (Bredasdorp staan verslae op die veld rond.) Hulle moes maar toe onder die pale gaan staan om die doodspyker te ontvang. (17-13). Hierna nog een laaste afskop van Rangers wat vinnig toesak en amper weer deur  nael, maar “Mr. Ref” roep die spel terug vir ‘n fout waar die wedstryd dan eindig (Sjoe!)

Black Leaves maak hulle nou gereed vir die Groot Derby wat op 14 Mei op Hermanus gaan plaasvind. Queen Phillips, Sampie Jacobs en Samuel bewys hulle as periodieke spelers in die span en het uitgeblink saam met Daan Otto en Colin Sauls.

Black Leaves se C-span val vas en verloor hul wedstryd. Black Leaves  se B-span wen ook hul wedstryd met ‘n drie deur Fella Marthinus en ‘n strafskop deur Geortin Wildschutte (8-3).

So sê “Bra G”

Black Leaves veroorsaak amper massamoord

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant