Geniet die see, maar…

Geniet die see, maar…

Gansbaai Courant

Dis nie meer uitsonderlik om te sê dat ek hengel geniet nie. En ek praat van beide boot- en strandhengel, asook van die see in die algemeen. Maar dis veel meer as dit. Teen hierdie tyd is dit vir my ‘n manier van lewe waarsonder ek beswaarlik sal kan klaarkom.

Waarom dit van soveel waarde is is dat die mense wat saam die sport beoefen goeie vriende word en natuurlik ook deel van jou daaglikse bestaan uitmaak. Die feit dat dit hengelmaats is is natuurlik deel daarvan, maar ook hulle families word vriende en so vermeerder die kennisse. Ek dink dat een van die groot satisfaksies wat die sport jou besorg is juis, en hier verwys ek meer na die bootsituasie, die genot wat geput word  uit wat ‘n nuweling kry uit daardie eerste dag op see. Almal weet mos wat gewoonlik gebeur met so ‘n persoon se rit op woelige water! Maar dis alles deel van die hele storie en heel gou is die nuwe outjie ingeburger en skree net so hard as sy vis bo water verskyn. Dan het ek nog nie eers gekom by al die ander “voordele” nie. Hier verwys ek na die natuur en alles wat daarmee saamgaan  -- die vroeë sonsopkoms, die seewater op jou gesig, die opwinding van die vangs, en natuurlik die aangename dag waarby ingesluit is vanaf ‘n goedige gespot tot meer ernstige sake (maar ons praat mos nie uit die boot nie!).

Daar is ‘n ander kant van die storie. As jy op see uitgaan moet jy die feit aanvaar dat daar elemente is waaraan jy blootgestel gaan word en waaraan jy soms bitter min kan doen. As die onvoorsiene gebeur moet jy net nie tot die probleem bydra nie. Wat ek hier bedoel is dat jy moet seker maak van jou boot se seevaardigheid, die weer in gedagte moet hou ( moet jou nie blindstaar oor hoe veral die water op enige gegewe oomblik lyk nie, maar hoe dit dalk kan verander). ‘n Goeie waarneming sal wees, is daar enige ander bote uit? Veral wanneer  die Hardebaarde afwesig is, gaan liewer huis toe. Nog iets, probeer wegbly van die water wanneer mis aanwesig is of die sig beperk is  -- daardie allesbelangrike  GPS kan ook probleme gee, of mag dalk verkeerd aangewend word. Bly ook weg van plekke wat gevaarlik kan wees of kan word.

Die “lekkerkry” en die “pas op vir” is dalk teenstrydig maar is onlosmaaklik van mekaar, en as jy die see ten volle wil geniet moet veiligheid, kophou en respek altyd ‘n hoë prioriteit bly. Lekker dag by die see vir almal.

Groete,
Seemeeu

Geniet die see, maar…

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant