Life is to Live - Life is to Discover

Life is to Live - Life is to Discover

Gansbaai Courant

In die nuutste pastelmodekleure pryk  twee wynbottels op ons tafels tydens die vrystelling van die Gansbaai Gedenkboek, met dié woorde – "Life is to Live" op die liggeel bottel en "Life is to Discover" op die blou bottel.  Onderaan beide bottels kan jy, as jy “wel ter voele” is, in braille lees dat dit Sauvignon Blanc en Merlot is.

Francois en Deonora de Jongh, het namens die Gansbaai Courant, dié besondere wyne as ‘n afskeidsgeskenk geborg.  Na 17 jaar, as stigters van die Gansbaai Courant, tree hulle uit.

Buite reflekteer die haweligte op die water.  ‘n Storm is aan’t kom, vertel die Gansbaaiers.  Binne kuier die sowat tagtig gaste, warm en gesellig.

Ek is nuut in die dorp.  Ek, Marinda van der Walt, die nuwe eienaar van Gansbaai Courant.  Dit is my eerste funksie in Gansbaai en ek voel geëerd om as gas hier te wees. 

Gansbaai was nog altyd “vakansieplek” en skielik word dit “werkplek”.

 Ek ontmoet die agbare burgemeester, die dorpsbestuurder, die skoolsekretaresse, die proefleser, die skrywers en besef net weer eens hoe bevoorreg ek is om ‘n vastrapplek hier in die pragtige Overbergse dorp te kon vind.

Plattelandse koerante lê my nog altyd na aan die hart en ek het Beeld se aanbod om na my studies vir hulle te kom werk, van die hand gewys. 

Op ‘n jonge 19-jaar was ek die redakteur van Groblersdal en Marble Hall (Mpumalanga) se Loskop Nuus.  Die uitgewer verkoop my met koerant en al aan ons opposisiekoerant – Die Daller, waar ek as advertensieverteenwoordiger optree en na baie draaie deur die Mpumalanga-provinsie as jong getroude, beland ek weer in Marble Hall en begin my eie maandblad – Die Koerier.

 Met ‘n wederhelf wie se werk onderhewig was aan verplasing, word ek genoop om my “baba” te verkoop en word ek deel van die redaksie by die Standerton Advertiser.

In 1996 open ons die deure van Platberg Foto & Studio en bring byna twintig jaar deur in Harrismith, waar ons twee kinders grootmaak.

 2016 bring vir my ‘n nuwe geleentheid met die Gansbaai Courant en ek vertrou dat ek en my redaksiespan aan ons dorp die koerant sal gee wat hom toekom.

Marinda van der Walt,
Uitgewer/ Eienaar: Gansbaai Courant

Life is to Live - Life is to Discover

Marinda van der Walt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant