Gansies se Moedersdagwenners

Gansies se Moedersdagwenners

Gansbaai Courant

Die kleuters (of dalk eerder die bestuur?) van De Kleine Gansies Kleuterskool sit nie op hul louere en wag vir fondse nie. Hulle, asook pappas en mammas, klim met harde werk in om broodnodige fondse te in. Met Moedersdag het hulle geluktrekkingslootjies teen R5 per lootjie verkoop en ‘n pragtige bedrag ingesamel. Drie gelukkige mammas of oumas het pragtige pryse gewen. Hulle is Stella Harding, Rita Viljoen en Nuraan Marthinus.

“Hierdie fondse word gebruik om opgraderings by die skool tot voordeel van die kleuters te doen,” sê JP Coetzer. “Onlangs het Valentynsdag en die Sportdag se fondse weer gehelp met die oprigting van ‘n skadunet oor die ‘Jungle’-speeltoerusting en nou wag die mure weer om geverf te word.”

Eersdaags is daar nog ‘n geleentheid vir die wen van 3 pragtige pryse - hierdie keer vir Vadersdag. Daar sal weer looitjies teen R5 verkoop word en alle pappas en oupas, ook in die gemeenskap, word uitgenooi om te koop. “Hierdie pogings van ons kan nie slaag sonder getroue borge wat ons ondersteun nie en vir wie ons opreg baie dankie wil sê,” sê JP.

Hierdie borge, vir wie die Gansies sekerlik in dankbaarheid kwaak, is: Chris en Petra van Rensburg van Gansbaai OK Foods (3 bokse sjokolade); Carien Fourie van Protea Flora (3 bosse blomme); Deidre (Didi) Scholtz van Deidre’s Nail & Beauty (3 geskenkbewyse); 3 geskenkbewyse vir hare-doen onderskeidelik van: Chantell Gericke van Snippets Haarsalon; Liezel Prinsloo van Tizelle Haarsalon; Natasha van der Berg van Hair Style Studio.  

Hardus Botha

Gansies se Moedersdagwenners

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant