Pinkstermaal

Pinkstermaal

Gansbaai Courant

Verlede week se gebruiklike Week van Pinksterdienste in die NG-gemeente (Gansbaai, Pearly Beach en Baardskeerdersbos) is om die beurt deur ds Dirk van Dyk, ds Willie Kotze en ds Lourens van der Westhuizen aangebied.

Ds Van der Westhuizen en past Bongenkosi (Bongi) Mthembu het spesiaal vanaf die Makhathini-vlaktes in die noorde van KwaZulu-Natal (ou Noord-Zululand) na Gansbaai gekom om deel van die verrigtinge te vorm, met past Bongi wat ‘n besonderse bydrae deur middel van sy persoonlike getuienisse gelewer het. Lourens het ook met die vertoon van foto's hulle werksaamhede op die Makhathini-vlaktes passievol geïllustreer en aangedui hoe groot die nood daar is, asook hoe dankbaar die mense van daardie streek is vir die enorme werk wat daar gedoen word.

Spanne van die NG-gemeente se Uitreikaksie onder leiding van Johan Hulme, het al verskeie kerke op die Makhathini-vlaktes gaan bou, asook onderhoud daar gedoen, met vele klerasie en speelgoed wat telkens saamgeneem is. Die knap NG-Kerkkoor onder leiding van Aletta Löchner en met orrelbegeleiding deur Annelene Reinke, het Vrydagaand en Sondagoggend verdere luisterrykheid aan die verrigtinge in die kerk verleen.

Die dames van die onderskeie wyke het saans na afloop van die dienste vir heerlike verversings gesorg, met die Vroue-aksie onder leiding van Elcine Hulme wat met Vrydagaand se Pinkstermaal vir nege verskillende potte met heerlike sop, asook ‘n lywige broodtafel in ‘n volgepakte Pretoriussaal met prag-versierde tafels, gesorg het. ‘n Groep van Laerskool Gansbaai se Gr 4-7 leerders het enkele pragtige opgewekte geestelike liedere in die saal gesing.

Hardus Botha

Pinkstermaal

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant