Franskraal Rolbalnuus (19 May 2016)

Franskraal Rolbalnuus (19 May 2016)

Gansbaai Courant

Op Dinsdag, 10 Mei 2016 het agt spanne van drie spelers elk aan ʼn geslote driespel toernooi te Franskraal deelgeneem.  Dit beteken dat slegs lede van Franskraal Rolbalklub aan die toernooi mag deelneem. 

Die doel daarvan is om in ʼn goeie gees onder mekaar te kompeteer en te sorg dat sogenaamde sosiale spelers, wat nie by ander klubs aan toernooie of aan Boland kompetisies gaan deelneem nie, ook kompeterend te kan speel en vir pryse in aanmerking te kom.  

Dit is ook een van die redes waarom sommige van Franskraal se borge verkies om slegs geslote toernooie te borg.  So is hierdie toernooi deur OK Foods geborg met koopbewyse en die verskaffing van heerlike versnapperinge vir middagete.  OK Foods is al lank op hierdie wyse by Franskraal Rolbalklub betrokke en Franskraal sê nogmaals dankie vir hulle ondersteuning.  Dit het ruim bygedra tot ʼn genotvolle dag saam met aangename weersomstandighede.  

Die uitslae van die toernooi is soos volg: In die eerste plek was Tommie van Niekerk, Annemarie Botha en Henk van der Walt, gevolg deur Sakkie van Zyl, Victor Breach en Freddie van Eeden, met Gideon Pienaar, Hettie Lass, Pieter Beukes en Chris Malec in die derde plek.

Pieter Conradie, President

Franskraal Rolbalnuus (19 May 2016)

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant