Grootwithaai borg Ambulans

Grootwithaai borg Ambulans

Gansbaai Courant

Gelukkig is die borgskap nie letterlik vanaf mnr Grootwithaai nie, maar wel deur Brian McFarlane van Great White Shark Tours in Kleinbaai hawe.

“Ons een ambulans is einde verlede jaar al volledig herstel, maar weens ‘n gebrek aan fondse kon dit nie afgehaal word nie,” vertel Riaan Buys van Overstrand Medical Response. “Ons het Brian McFarlane van Great White Shark Tours genader met ‘n voorstel dat ons bepaalde dienste aan die firma beskikbaar sal stel in ruil vir ‘n borgskap.” Brain het die borgskap, ‘n aansienlike bedrag, toegestaan en gesê dit gaan vir hom daaroor dat Overstrand Medical Response uitstekende dienste vir die gemeenskap lewer en dat hy graag op hierdie wyse by hulle betrokke wou raak.

Overstrand Medical Response van Cassie Carstens en Riaan Buys is lankal reeds ‘n pertinente deel van die gemeenskap met vinnige en effektiewe mediese dienste wat deur hulle beskikbaar gestel word. Naas Cassie en Riaan, bestaan die span tans uit Chantelle Colyn, Chantell Carstens en ‘n vrywilliger, Henk Weyers. Dan is daar twee ambulanse (een tans buite werking), asook twee noodvoertuie. Vir etlike voordelige voordele, kan die span vir permanente lidmaatskap deur gemeenskapslede gekontak word - teen ‘n minimale maandelikse lidmaatskapfooi van R100. Die aanvanklike eenmalige R50 administratiewe bedrag is met ingang van 1  Mei 2016 om bepaalde en gemotiveerde redes na R200 verhoog. Die res van hulle vele voordele met lidmaatskap is onveranderd gelaat.

Overstrand Medical Response het in 2009 tot stand gekom en het intussen van krag tot krag gegroei - ‘n ware aanwins vir Gansbaai en omgewing, Pearly Beach, Baardskeerdersbos, Stanford en die plaasgemeenskappe.  Etlike suksesvolle noodhulpkursusse is ook reeds deur hulle aangebied. “Ons hele span is opreg dankbaar vir hierdie borgskap en kan nou die probleem met die ander ambulans aanpak,” het Riaan gesê.

Overstrand Medical Response se noodnommer is 078-699-6995, maar vir navrae kan Riaan Buys of Cassie Carstens by 083-363-1881 gesksakel word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by overstrandmedics@gmail.com.

Hardus Botha

Grootwithaai borg Ambulans

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant