Wingerdvrug geselligheid

Wingerdvrug geselligheid

Gansbaai Courant

“Wingerdvrug geselligheid” is die leuse tydens Gansbaai Wynproegilde se maandelikse byeenkomste.

Die aanbieder, JM Crafford (witwynmaker) van Stettyn Wynkelder is deur voorsitter Theuns Roodman aan die woord gestel en ‘n puik wynproe-aanbieding met uitstaande wyne het gevolg. JM is oorspronklik van Darling, Swartland en voltooi sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch.

Daarna spandeer hy twee jaar in die VSA (Tombauer Vineyards), ses maande in Australië (Victoria-Michelton Wines) en drie jaar by Riebeeck Kelders as assistant wynmaker.

In 2012 sluit hy as witwynmaker by Stettyn Wynkelder aan, tussen Villiersdorp en Worcester, aan die oostelike berghange van die Klein Drakenstein bergreeks. “Ons verkies kwaliteit eerder as kwantiteit,” het JM gesê. Die gaste is bederf met ‘n smaaklike Straw Wine  (2011) as “voorgereg”. Daarna volg Pinot Grigio (2016), Sauvignon Blanc (2016), Merlot (2014), Cabernet Sauvignon (2014) en Shiraz (2014), met ‘n duursame Cape Vintage Port (2008) as “nagereg”. Die lede en gaste het deurgaans ‘n sterk silwer aan die onderskeie wyne toegeken, met goud vir die Merlot. Die wynproe-aand is by McClarke’s, The Hide-Away aangebied, met Marins McClarke wat haarself oortref het met ‘n hoender Corden Bleu, soet-suur vark, rys, gebraaide aartappels en groentes. Haar dogter, Margie het vir flink bediening gesorg. Theuns en Marlene van der Walt het die gebruiklike blyk van waardering, ‘n Gansbaai Wynproegilde voorskoot aan JM oorhandig.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Wingerdvrug geselligheid

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant