HaS nader halftyd vir 2016

HaS nader halftyd vir 2016

Gansbaai Courant

 “Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes nader nou vinnig 2016 se halfpadmerk,” sê John van Rooyen, Bestuurder. “Dan raak dit gewoonlik tyd om weer eens en nogmaals opreg dankie te sê aan ons vele borge, donateurs, vrywillige werkers, individue, ondersteuners, Gansbaai Goue Hande en die Beheerraad.”

John het ook enkele nuusberiggies verskaf. Suster Neolene Kleyn is met ingang van 1 Maart 2016 as Assistant Bestuurder aangestel. Daar is onbaatsugtige werk van Gansbaai Goue Hande verskaf onder die bekwame leiding van Francia van Dyk: Stimulasie-oefeninge (Dalene van Dyk), sportgeleenthede (binnens- en buitenshuis), speletjiesdae, spesiale etes en ander bederfies, hare-doen, voet- en naelversorging en veel meer. Die Bietoubos Damesklub speel ook gereeld ‘n rol. Hierdie keer het hulle op inisiatief van Marie de Jager pragtige voorskote aan die Tehuis oorhandig. 

Nog twee staatmakers is Hennie en Alletta Löchner wat onbaatsugtige werk in die Tehuis se tuine verrig. Natuurlik onthou almal die jarelange “slaaf” van die Tehuis, Suster Linda Meyer, voormalige bestuurder, maar tans ‘n inwoner. Die Bestuur en Beheerraad het ook nie van hulle verpleegpersoneel op Internasionale Verpleegstersdag vergeet nie. ‘n Interessante besoeker het op 18 Mei 2016 ‘n draai kom maak. Sy is Elmarie Haniball wie se pa, Giepie van Rensburg, die Tehuis in 1973 voltooi het. John het ook ‘n ou koerantberig (onbekend) van 1972 gestuur, waarin vermeld word van goedkeuring wat verleen is om die Tehuis te bou. “Ons het etlike navrae oor die verkoop van volwasse doeke ontvang van mense wat selfs na Hermanus daarvoor moet ry,” sê John. “Ons verkoop wel die doeke hier en het ook toerusting soos rolstoele en krukke wat gehuur kan word.”

Vir verdere navrae rakende die Tehuis, kan John van Rooyen by 028-394-0501 geskakel word.

Hardus Botha

HaS nader halftyd vir 2016

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant