Waypoint 1 Top Boot vir dag

Waypoint 1 Top Boot vir dag

Gansbaai Courant

“Die see was gunstig vir visvang verlede naweek en die hengelaars is teen 07:00 die oggend uit, met lyne-op teen 16:00 en die weegskaal aan die werk teen 15:00,” sê Riaan van Staden van Overberg Boothengelklub.

“Vyf bote het ingeskryf met ‘n totaal van twintig hengelaars en sewe spesies is gevang met sewentien visse wat ingeweeg is.” Riaan sê al die hengelaars was nie so gelukkig om te kon inweeg nie. Net elf hengelaars kon punte vir die dag se harde werk kry. Die Top Boot vir die dag was Waypoint 1 met skipper Wayne Middleton, wat gevolg is deur King Fisher, Dad’s Toy, Sophi en Top Fin. Die Top Hengelaar vir die dag was J. Luff met ‘n totaal van drie spesies en vier visse wat hy ingeweeg het, gevolg deur Wayne Middleton (2de) en DP Burger (3de). Die mooi visse vir die dag was twee groot Rooi Romans van 2.34kg en 2.44kg, asook ‘n pragtige Geelbek van 4.04kg.  

Terug by die klub is almal met ‘n ietsie vir die keel of ‘n lekker beker warm sop bederf om daardie hol kolle vol te maak. “Baie dankie aan alle deelnemers vir ‘n lekker dag en ons sien uit na ‘n gesellige kuier Vrydagaand met ons Pirate Party.”

Vir navrae kan Riaan van Staden by 082-929-8688 gekontak word.

Waypoint 1 Top Boot vir dag

Riaan van Staden

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant