Seevoëls, robbe en hengelaars

Seevoëls, robbe en hengelaars

Gansbaai Courant

Dis een van daardie dae wanneer jy jou op ‘n rots langs die see tuismaak en die omgewing om jou rustig beskou. Jy waardeer alles en neem jou tyd om die verskillende voëls waar te neem. Vlak langs jou skree een van hulle en verdwyn dan amper geruisloos die water in. Dis ‘n bonus wanneer ‘n paar dolfyne sierlik in gelid verby beweeg. Vlak voor jou swem klein vissies in die vlak water en die koraalriwwe vertoon helder en kleurvol langs die bamboes wat saggies heen en weer beweeg. Hoeveel van ons het dit nog nie ondervind nie? Idillies, nie waar nie?

Hengel vanaf ‘n boot en die prentjie verander so effens. Daar word ‘n lyntjie laat sak en die verwagting lê vlak. Die afgelope week was die vis skaars  --  seker toe te skryf aan die lae seetemperatuur. Vandag gaan hopelik beter verloop. Intussen verwonder jy jou aan die verskeidenheid voëls. Dit lyk amper asof hulle aan die slaap is wanneer hulle vreedsaam op die water dryf. Die ligte swellings wat die boot nou en dan lig dra by tot die salige gevoel.  Dan daardie skielike byt. Waar die ou groot rob vandaan gekom het sal niemand weet nie. Dis ‘n mooi vis aan die lyn en hom kan mens darem nie verloor nie. Versigtig word hy nader getrek. Dan, onverwags kry die lyn lewe en klief deur die water. Die rob is nêrens te sien nie en dit kan net een ding beteken, en dit word gestaaf wanneer hy met die vis op die oppervlak verskyn en begin smul aan sy vonds. Dis wanneer ‘n hengelaar begin om in anderste tale te praat  --  oorspronklik net om hulle te verjaag.    Daar is ook ’n dryflyntjie in die water en dis dan wanneer die voëls in die prentjie kom. Die aas kry nie kans om te sak nie en met elke gooi word dit opgevreet. Selfs ‘n sinker help nie want met die duikslag gaan haal die voël die aas daar onder. Nou word daar gewedywer tussen die voëls en die robbe (intussen het nog twee hulle opwagting gemaak). Die eens rustige atmosfeer is daarmee heen. Daar word geduik en geskree en die water kook soos hulle die ase jaag. Ook die ander bote probeer bietjie spasie kry en dis ‘n armgeswaaiery en daar word in herkenbare maar ook vreemde tale gekommunikeer. Met omtrent geen sukses nie. Om pad te gee is ook nie ‘n opsie nie  --  hulle sál jou volg.

Laat ek, soos Naas Botha altyd sê, eerlik wees. Ek weet dis in die eerste plek die voëls en die robbe se plek en dis nie hulle wat oortree nie, maar in sulke omstandighede ondergaan jy ’n gedaanteverwisseling en dan is daar min te bespeur van toegeneentheid tussen die hengelaar en hierdie twee spesies. Die rob voel vere vir jou en dit klink kompleet asof die seevoëls jou tart met hulle geskree. Gelukkig is dit ‘n tydelike situasie. Môre is alles weer normaal. Veral die boothengelaars sal verstaan.

Groete,
Seemeeu

Seevoëls, robbe en hengelaars

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant