LANGASEM JULIA

LANGASEM  JULIA

Gansbaai Courant

VREUGDE VIR JULIA 

“Die laaste end van die Comrades het ek meer gehuil as iets anders, nie van pyn nie, maar van hartseer omdat dit gelyk het my broer se seun, wat ook my peetkind is, Kennith Barlow, gaan nie binne die vereiste twaalf ure klaarmaak nie,” vertel Julia Barlow. “Trane van blydskap het geloop toe hy wel vir ‘n medalje kwalifiseer, al was dit met ‘n tyd van 12:56 - ‘n skrale vier minute voor die afsnytyd. Altwee van ons, asook sy meisie, Jess Osborn wat ons soos ‘n engel bederf het, het behoorlik gehuil van blydskap.”

Julia sê sy het haarself bederf met haar vyfstigste verjaardag met ‘n vakansie in Italië en het besluit om vir haar sestigste verjaardag op 1 Junie die Comrades aan te pak. Haar kwalifiserende tyd was elf ure, een-en-vyftig minute en sy is sommer baie trots op haar medalje. “Hierdie was my tweede Comrades, met die eerste een in 2007 wat ek in ‘n baie beter tyd voltooi het,” sê Julia. “Tans voel ek baie goed, behalwe vir seer en stywe spiere.” Julia het reeds gedurende September 2015 vir die 89 kilometer Comrades begin oefen en in Februarie vanjaar het sy vir deelname gekwalifiseer. Ondanks die sowat 22 000 deelnemers, praat Julia met groot lof van die organiseerders se puik reëlings wat deurgaans vlot verloop het.

“Ék wil baie graag almal in Gansbaai bedank vir hulle wonderlike ondersteuning, aanmoediging en gelukwense, dit het oneindig baie vir my beteken,” sê sy. “Dankie ook aan Cobus Briedenhann van Health Active vir die uitstekende spierbehandeling wat ek by hom gekry het.” Gansbaai Courant het verneem dat Simphiwe van Grootbos Foundation ook aan vanjaar se Comrades deelgeneem het, maar met die ter perse gaan van hierdie uitgawe is geen besonderhede nog ontvang nie.

Hardus Botha

LANGASEM  JULIA

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant