“TR” STAAN VIR TREK EN TRAUMA

“TR” STAAN VIR TREK EN TRAUMA

Gansbaai Courant

Menige Gansbaaier kan hom of haar sekerlik vereenselwig met die trauma wat ‘n verhuising – ‘n trekkery – meebring: Die besluit om te gaan, reëlings wat oor maande sorgvuldig getref word - baie daarvan in jou kop en nie op papier nie.  Die raad van vriende en familie en mense wat jou skaars ken.  Soos ‘n mamma met ‘n nuwe baba – almal wil jou raad gee oor hoe om die dingetjie groot te kry.

Dinge ontwikkel maar vanself.  Orde sê hulle, word gebore uit goeie beplanning, chaos kom vanself.

Jy begin om die voor die hand liggende goed te pak.  Die goeters waarsonder jy kan leef. Dit gaan maklik en jy begin dit al in jou agterkop herrangskik in jou nuwe huis.

Jy wonder of jy die kysbriefies en vriendebriefies, beteken met hartjies en sorgvuldig en sierlik gevou, vir die kinders moet hou of moet dit vullisblik toe?  Die teddiebere, die troetelkomberse, die stokou, gemaklike trui.  Jy moet stoksielalleen besluit oor jou huismense se goed.

Jou vriendinne daag op.  Een bring kos.  Een kom pak. Wat jy nog wou uitsorteer, word later net ingepak.  Die orde van jou trek word versteur.

 Jou hartsmense "sien" die ontploffing wat in jou kop vorm begin aanneem en daag op na ‘n drie uur lange rit vanuit die stad.  Ongenooid, ongevraagd, maar ‘n aankoms wat jou ontspoorde baan weer in ‘n rigting dwing – ‘n aankoms waarsonder jy heeltemal van jou trollie af sou wees.

En dan loop alles wat fyn bepland was, heeltemal skeef en aan die begin van ‘n mooi oggend, klim jy in jou karretjie met net jou klere gelaai, en ry om betyds te wees vir die aanvang van jou nuwe lewe in ‘n nuwe provinsie, nuwe dorp, nuwe werkplek, nuwe blyplek.

Interessant wat jy kies, wanneer jy een ding kies om jou siel te voed in ‘n vreemde plek waar jy jou voete saans gaan neersit.  In my geval was dit ‘n kersblaker, ontwerp vir ses lang kerse en een vette in die middel. Ingelaai saam met die half uitgebrande kerse van ‘n laaste aand se kuier met vriende.

Die tot stilstandkom in Gansbaai, nadat jy met prokureurs, boekhouers, eiendomsagente, die tuin- en huiswerker, die agtergeblewenes duisende reëlings moes tref, is so ‘n anti-klimaks op jou sisteem, dat jou bedrading heeltemal koek.

Die vrede wat die see-uitsig bring, wil nie insink nie.  Die vriendelike dorpenaars wat kom welkom sê, slaan bollemakiesie in jou verteurdheid.

En dan keer jy terug van ‘n naweek uit die Kaap, waar mense jou uit jou vorige lewe geken het en jy weet – hier in die Kaap moet jy rustig raak, jou werksding doen, groet wanneer jy uit die motor klim, in die son staan en gesels op ‘n skoon en heel teerpad...

Marinda van der Walt

“TR” STAAN VIR TREK EN TRAUMA

Tong-ini-Kies

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant