Cultivaria van Gansbaai Academia trek vol saal

Cultivaria van Gansbaai Academia trek vol saal

Gansbaai Courant

Dit was goed om ons skoolhoof van Gansbaai Academia, mnr Tommy Wilson, se tevrede gesig te sien met die pragtige opkoms tydens Cultivaria. Dit was amper ‘n vol ouditorium. Met die aanbreek van die vertoning Cultivaria verlede Donderdagaand is ons voete terug aarde toe gebring deur die ongelooflike vertonings van ons talentvolle leerders in Academia. Hierdie konsert het getuig van harde werk  en gereelde, deurdagte oefening, veral deur die dansers die  “Unstoppables” en Roberto saam met Sebasitaan wat die kwaito gedoen het. Hulle was sonder weerga. Die professionaliteit  van die meeste produksies was verbasend opwindend. Dit het tonne vemaak aan die gehoor veskaf. Ons seremoniemeester mnr Gerike van Eck was net so gevat met sy spitsvondigheid.

Ons eie dramagroep se werklikeidsproduksie het die gehoor geroer. Hierdie tipe werklikheid is nogal skrik-wekkend en het enige verregaande fiksie oorskadu. Die bose Gita McGregor kon eenvoudig nie kers vashou met die konflik  tussen mnr  van Eck en Bezuidenhoudt in 7 de Laan nie. Selfs Neville (mnr Tommy Wilson) word twee  keer voor die hele gehoor geskiet. Groot was die skrik toe die uwe weer sy veskyning op die verhoog maak.

Dit is in diepe dankbaarheid en waardering wat ek wil oordra aan al die deelnemers, asook die ouers,  leerders, familie en vriende wat ons ouditorium gevul het. Met so 'n opkoms kan julle trots op julleself wees. Die produksie is aanmekaar gesit deur me Zalie.

Aspoestertjie kan maar pampoenkoekies van haar koets maak – niks of niemand kan vergelyk word met dit wat jy op die planke gesit het nie. Juffrou ons salueer jou vir hierdie professionele poging. Volgende jaar gaan ons groter.

Lank lewe Academia.

JHJ  Barnard (Flaffie)

Cultivaria van Gansbaai Academia trek vol saal

JHJ Barnard

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant