Jong Boer van die Jaar

Jong Boer van die Jaar

Gansbaai Courant

Jacques Beukes (35) is as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer vir 2016 aangewys. Met hierdie toekenning dring Jacques nou deur na die Nasionale Jongboer van die Jaar Kompetisie wat in Oktober deur Agri Suid-Afrika en Toyota Suid-Afrika aangebied word.

Die prestige toekenning is Woensdag, 25 Mei 2016 deur Carl Opperman, Uitvoerende Hoof van Agri Wes-Kaap aan Jacques oorhandig. “Vanjaar se kompetisie was taaier as ooit en ons moes ‘n wenner uit ses briljante jongboere aanwys,” het Kosie Loubser, voorsitter van Agri Wes-Kaap se Jongboerkomitee, gesê. “Dít wat hierdie jong boere het om aan te bied, is ongelooflik.” Jacques is ‘n Tafeldruiwe-produsent van De Doorns in die Hexriviervallei en boer al tien jaar op die plaas Modderdrift. Hy het ‘n B.Com-graad in Logistiek aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en is ook Agri Wes-Kaap se streekverteenwoordiger, ‘n direkteur van die Hexvallei Tafeldruiwe Assosiasie en die voorsitter van die Breedevallei Munisipaliteit se Produsenteforum. Hy beskou jong boere as Suid-Afrika se toekoms.

“Jong boere bring baie nuwe idees en energie na die ekonomie en hulle hou van nuwe ontwikkelings en uitdagings, maar die verskil begin by jouself,” sê hy.  Volgens Jacques is hy baie lief vir die tafeldruifbedryf. “Ek gaan aanhou belê in hierdie wonderlike bedryf. Daar is elke dag baie uitdagings, maar jy moet dit in geleenthede omskep. Deur hoër standaarde na te streef, plaas jy druk op jou mede-produsente om hulle standaarde ook te lig. Só dra jy by tot ‘n beter Suid-Afrikaanse landboubedryf,” sê hy.

Jong Boer van die Jaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant