Rooi Romans vir die Wenners

Rooi Romans vir die Wenners

Gansbaai Courant

Die swaarste en tweede swaarste visse tydens die Birkenhead Boothengelklub se boothengelkompetisie was twee mooi Rooi Romans wat gevang is, wat ook tot een van die hengelaars, Henri Punt, se swaarste sak bygedra het. Dit was die 7de 2016 boothengelkompetisie vir die klub wat Saterdag, 4 Junie 2016 gehou is op pad na die jaareind-trofeë. 

Die pragtige getal van sewe bote het ingeskryf, waarvan ses ingeweeg het. Die totale aantal bemanning was drie en twintig, waarby twee juniors ingesluit is.

Agt verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was honderd en sestien, met 'n totale massa van 92.1kg, wat ‘n gemiddeld van 4.0kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg:
swaarste vis, Henri Punt (Rooi Roman - 2.3kg); 2de swaarste vis, Steve Muller (Rooi Roman - 1.7kg); swaarste sak (7.5kg), Henri Punt; 2de swaarste sak (7.4kg), Piet le Roux; swaarste bootgemiddeld (6.75kg), Nu-Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld (6.50kg), Oupa van Ben Uys; Junior swaarste sak (gedeel 6.30kg), JP Uys (15) en Hennie Groenewald (14). Hierdie twee belowende junior boothengelaars is spesiaal gelukgewens met hul volgehoue prestasies en die “ou manne” is almal baie trots op hulle.

Die volgende boothengel-kompetisie is vir Saterdag, 2 Julie 2016 geskeduleer, met ‘n gesellige funksie daarna. Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan die wedstrydsekretaris, Jean Downing by 076-840-3393.

Rooi Romans vir die Wenners

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant