Hou moed! Die uitkoms is naby!

Hou moed! Die uitkoms is naby!

Gansbaai Courant

“Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” (2 Kor. 4:17,18)

Hierdie week is “Uit die Woord” spesiaal vir julle wat dink die lewe is te moeilik of die pad wat jy moet stap te lank.  Jou lewe is dalk een groot en lang gesukkel en geswoeg met daaglikse dinge wat jou wiele pap maak.  Die laste wat jy op jou skouers dra word vir jou te veel en jou drome lê almal vertrap deur mense wat jou in die rug steek. Jou liggaam is dalk op hierdie stadium só afgetakel deur pyn en siekte dat jy voel asof selfs GOD jou verlaat het. Boonop is die rekenings wat jy moet betaal elke maand baie meer as jou inkomste.

En jy is moeg!

Dit is baie moeilik om die pad vorentoe  te sien as daar groot storms is. Jou begeerte is eerder om op ’n hopie langs die pad te gaan sit as om voort te beur na die hemelse Woning waarvan Jesus in Johannes 14: 1 praat. Daarom wil ek jou vandag bemoedig met hierdie gedeelte uit 2 Korintiërs 4 wat jou verseker dat GOD jou nooit sal verlaat nie, al word jy neergegooi deur die lewe – Hy sal jou weer ophelp en op die pad hou. (2 Kor. 4:9) GOD het nêrens in die Bybel gesê ons gaan nie swaarkry in hierdie lewe nie, maar Hy het ons baie keer belowe Hy sal met ons wees in elke situasie – moeilik of makliker. As jy terugkyk na die moeilikste tye van jou lewe sal jy moet erken dat Hy daar was om jou te versterk – ja, selfs te dra as jy nie meer kon nie. Hou dit altyd ingedagte dat GOD jou nog altyd in die verlede gehelp het – en Hy sal dit weer vandag en môre doen.

Die beste nuus wat ek vandag vir jou uit GOD se Woord kan gee  is dat die swaarkry wat jy nou deurgaan, niks is in vergelyking met die heerlikheid wat GOD vir jou en elkeen wat Hom lief het in die pyplyn het nie. GOD is selfs opgewonde dat Hy die beste vir jou nog sal laat aanbreek – en Hy sien uit daarna om jou in Sy hemelse huis te verwelkom.

Hou dus net moed. GOD se uitkoms is baie nader as wat jy self kan dink. Intussen is Hy langs jou om jou deur elke situasie te lei! Hy hou jou hand vas!

Hou moed! Die uitkoms is naby!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant