‘n Pa en seuns suksesverhaal

‘n Pa en seuns suksesverhaal

Gansbaai Courant

SPL Konstruksie spog al meer as ‘n dekade met hulle uitstekende klipbou-projekte en roem vandag daarop dat hulle klipbouspesialiste is.

Die onderneming se naam het ontstaan uit sy drie direkteure se voorletters – pa en stigter, Samuel Pierre Leonard en sy twee seuns Petro en Lorenzo – SPL.

Die onderneming is sowat tien jaar gelede uit die vissersgemeenskap in die Arniston/Waenhuiskrans-omgewing gebore, toe Samuel Pierre Leonard met Pierre Bouers begin het. Dit was nie maklike jare nie en Pierre, wat nie ‘n voertuig besit het nie, moes man-alleen, te voet, sy besigheid op die been bring.

Vandag deel SPL Konstruksie hul sukses deur ruimskoots by te dra tot hulle gemeenskap. Die drieman-onderneming is bekend vir die hulp wat hulle verleen aan hulle plaaslike laerskool, kerke en rugbyklub. 

Hulle is ook werkskeppers, wat vandag kan spog met ‘n sekretaris en 25 algemene werksmense.

“God is en sal altyd deel wees van die besigheid en daarom is geen werkie te klein of onmoontlik nie,” praat die drie uit een mond.  Hulle glo ook dat hul leuse “om altyd kwaliteitdiens te handhaaf” hulle gebring het waar hulle vandag is.

Bo en behalwe hul uitstekende klipwerk, doen hulle ook aanbouings, bou-, verf-, loodgieter- en selfs houtwerk.

‘n Pa en seuns suksesverhaal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant