K-toets vir mans

K-toets vir mans

Gansbaai Courant

Vuur die mans in jou lewe aan deur hulle aan te moedig om hul liggame teen kanker te beskerm.

Vir vanjaar se Mansgesondheids-veldtog stel die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) dit ten doel dat almal moet onthou hoe belangrik dit vir mans is om in hul gesondheid te belê om kankerrisiko's te verminder. Suid-Afrikaanse mans het ‘n een in agt (1:8) risiko om kanker in hul leeftyd te kry.

Die topkankers wat mans (in SA) affekteer, is prostaat-kanker, Kaposisarkoom (tipe velkanker), long- en kolorektale kanker. Dit is ook belangrik om te weet van ander vorme van kanker wat mans affekteer, soos testikulêre kanker (wat algemeen is onder jong mans tussen die ouderdomme van 15 en 39) en MPV-verwante kankers, insluitend penis- en anale kanker. Meer as 30 tot 40 soorte MPV (Menslike Papilloomvirus) kan oor-gedra word deur seksuele kontak en besmet die anogenitale gebied, wat in sommige gevalle tot kanker kan lei.

“Meeste mans weet dat prostaatkanker een van die mees algemene kankers onder mans is, met ‘n leeftyd risiko van een in 27.

Ons hoop om mans aan te moedig om nie net bewus te wees van die bekende kanker gevare nie, maar ook om hulself op te voed oor ander kanker risiko's vir mans, soos dié van long-, kolorektale-, vel-, testikulêre-, anale- en peniskanker.”

KANSA wil u graag aanmoedig om te gaan vir ‘n siftingstoets, wat u sal help om u risiko vir kanker te bepaal. Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) toets, is ‘n bloedtoets wat aandui of daar enige abnormaliteite in die prostaatklier teenwoordig is.

Pathcare doen die PSA toets in Junie- en Juliemaand weer eens teen ‘n spesiale tarief van R105, wat u kontant aan die dokter kan betaal.

In Gansbaai kan mans direk en sonder ΄n afspraak na PathCare in Hoofstraat vir ‘n PSA toets gaan. Vir verdere inligting is u welkom om die Kanker-vereniging op Onrusrivier by 028-316-3678 te skakel.

K-toets vir mans

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant