Stompie se Galjoen is 'n rekord

Stompie se Galjoen is 'n rekord

Gansbaai Courant

Dit wil gedoen wees....

’n Galjoen van 7.1kg!

Stompie Heins (79) van Wolvengat is die trotse hengelaar wat met hierdie “rekord” spog wat hy van die kant af naby Die Damme gevang het. Sommer net ‘n dag of wat daarna, bring hy ‘n allemintige 10kg Mosselkraker kant toe.

“Ek staan as ‘n reël soggens halftwee op, dan begin my dag, dis wat my gesond hou,” vertel Stompie.

“Ek maak koffie vir myself en my eggenote, Linda en dan begin my oefensessies met my banjo en konsertina, maar ook bietjie kitaar.” Minstens een dag per week staan Stompie aan sy hengel af.

Hy laai sy tuisgemaakte “hengelkarretjie” met sy hengelgereedskap, wat hy vooraf noukeurig uitsorteer, op sy Land Rover en vat die pad na Die Damme.

Daar laai hy die viskarretjie af en haak die sleeptou om sy lyf en stap sowat 10km na Rietfontein waar hy sy geliefde sport beoefen. “Hengel is vir my ‘n sport wat ek net wil geniet en ek beoefen dit al vanaf 1990 en ken alle tekens - selfs die seevoëls kan wenke gee as hulle fyn dopgehou word,” vertel Stompie.

“Na twee en sewentig jaar het ek deel van Spring-bokhengel geword.” Stompie vertel dat hy sy eie sinkers maak, aangesien lood as giftig deur hom beskou word, terwyl hy ook sy hoeke buig soos wat dit hom pas.

“Om die regte plek vir hengel te kry, stap ek, want deur met ‘n voertuig te ry kan die regte plekke nie gekry word nie,” vertel hy. Naas sy bedywighede op die plaas en hengel, is Stompie ook lid van vier boere-orkeste: die bekende Baardskeerdersbos Boere-orkes, die Rummy Cup Orkes, die Stoepsitters in Kleinmond en die Distrik 7 orkes.

Sportklubs word genooi om hulle nuus weekliks aan courant@itec.co.za te stuur.

Stompie se Galjoen is 'n rekord

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant