Polisie-waarskuwings

Polisie-waarskuwings

Gansbaai Courant

Adj.Off. CW le Roux het die volgende inligting van belang vir die gemeenskap verskaf:

Vals R100 note

Daar is tans vals R100 note in omloop. Ontvangers van sodanige note moet seker maak van die egtheid daarvan alvorens die note aanvaar word. Die gemeenskap word versoek om vals note by Gansbaai SAPD se kantore aan te meld.

Nalatigheid van inwoners

Die polisie het gevind dat daar ‘n toename in nalatigheid onder inwoners heers ten opsigte van hul eiendom. Motorhuisdeure staan gereeld oop en wonings se deure is sonder diefwering of staan oop. Veral wonings waar die inwoners nalatig in sekere opsigte is, word op gefokus. AO Le Roux sê die gemeenskap is al male sonder tal versoek om Gansbaai SAPD te kontak wanneer verdagte persone in die omgewing opgemerk word. Indien mense oor inligting beskik wat die polisie met ondersoeke kan help, kan Sp-Kapt, Rautenbach by die speurafdeling gekontak word. AO Le Roux bedank graag gemeenskapslede wat wel saamwerk in die bekamping van misdaad.

Wie is in u diens?

Vele waarskuwings is al in hierdie verband gerig. Daar moet te alle tye seker gemaak word wie in diens geneem word. ‘n Sterk aanbeveling is om afskrifte van Identiteitsdokumente te maak en om vas te stel of die persoon wel by die adres woon wat hy/sy aangegee het. ‘n Onlangse voorbeeld is aangemeld waar ‘n werksoeker vals name opgegee het en gedurende die nag by die woning ingebreek het. Die versoek is dus om seker te maak wie werklik in diens geneem word.

Gansbaai SAPD kan by 028-384-0201 geskakel word en die speurafdeling by 079-893-9972.

Hardus Botha

Polisie-waarskuwings

AO CW le Roux

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant