Welbekende egpaar tree saam af

Welbekende egpaar tree saam af

Gansbaai Courant

Na vele jare in Gansbaai en in die eiendomsbedryf, het twee bekende inwoners, Neels en Ronel Claassen van Seeff Eiendomme besluit dit is tyd vir hulle om af te tree - “terwyl ons nog kan tree!”

“Ná onlangse ervaringe het ons weer eens besef hoe kosbaar saamweestye as ‘n egpaar is,” vertel Ronel. “Ons belangrikste doelwit is om meer beskikbaar vir ons kinders en kleinkinders te wees, maar ook om ‘n bietjie meer te reis, veral in Suid-Afrika.”

Gedurende 2000 is Ronel genader om ‘n kantoor vir Seeff Eiendomme te open, nadat sy reeds drie jaar in die eiendomsmark betrokke was. Hierdie eenmanskantoor het in die Christosentrum begin en in 2003 het haar man Neels by haar aangesluit.

Na vele suksesvolle jare het Seeff Gansbaai besluit om uit te brei en ‘n groter kantoor in die Great White Junction, met al die moderne tegnologie beskikbaar, te open. Ronel vertel dat Cornie Swart die konsessie gekoop het vir Groter Gansbaai en Hannes Cilliers en Marlene Uys het in 2012 by die span aangesluit.

Nou groet Neels en Ronel om ‘n welverdiende rustydperk te betree om te kan rondreis, tyd aan mekaar te spandeer, maar veral ook aan hulle kinders en kleinkinders.

Hardus Botha

Welbekende egpaar tree saam af

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant