Wegraap se ietsie word vreugde ete

Wegraap se ietsie word vreugde ete

Gansbaai Courant

“Die hoogtepunt van ons byeenkoms was Betsie van der Merwe se 90ste verjaardag op dieselfde dag, 14 Junie 2016,” vertel Enna Lotz van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. “Betsie was een van ons klub se stigterslede op 3 Augustus 1993, meer as twintig jaar gelede.”

‘n Mede-stigterslid, Helena Smith is gevra om ‘n pragtige ruiker aan Betsie te oorhandig.

“Die sop-en-sjerrie van die geleentheid se gasvrouens, asook die prag-versierde tafels, het sommer ‘n gesellige atmosfeer vir Betsie geskep.”

Nog ‘n verrassing het op Betsie gewag.

Haar kinders het in die geheim ‘n groot middagmaal vir familie en Gansbaai-vriende van Betsie by Groeneweide Kwekery gereël.

Haar dogter, Surina, het haar halfpad deur die Bietou-bossers se byeenkoms kom “wegraap” en gesê sy gaan sommer ‘n “ietsie” by ‘n restaurant saam met hulle eet. Daar aangekom, was sy oorstelp van vreugde om soveel familie en Gansbaai-vriende van haar te sien wat reeds hul plekke by die mooi versierde tafels ingeneem het. Gewis ‘n vreugdevolle dag vir Betsie op haar 90ste verjaardag en die Bietoubossers sê: “Ons salueer jou, Betsie!” Betsie bedank graag haar kinders en al die gaste wat teenwoordig was tydens haar groot verrassingsete. “Baie dankie ook vir al die geskenke en ek is volgende jaar weer 90!” sê sy.

Hardus Botha

Wegraap se ietsie word vreugde ete

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant