Brood & Sop vir Winteraandjie

Brood & Sop vir Winteraandjie

Gansbaai Courant

Die boothengelkompetisie gedurende die voormiddag was vergete en dit was brood en sop vir Afrika so op ‘n koue wintersaandjie. Die geleentheid was die Birkenhead Boothengelklub se funksie na afloop van die kompetisie vroeër die dag.

Eers was dit prysuitdeeltyd en die hengelaars het trots vorentoe gestap, waar Jean Downing, wedstrydsekre-taris, aan die woord was. Die klub se twee juniors het weer eens baie goed gevaar, maar het gelykop met die swaarste juniorsak (6.30kg elk) geëindig. Hulle is JP Uys (15) en Hennie Groenewald (14), altwee belowende boothengelaars vir die toekoms.

Daarna was dit net gesellig saamkuier, -eet en -dans tot laataand toe, met meer as genoeg smaaklike sop vir almal. Die Musiekfabriek is uitstekend deur Lorainne Fourie (bestuurslid) se seun, Richard van Greunen beman, met sy dogter, Rachel wat hom vergesel het. Johan Wiese (bestuurslid) het gesorg vir die gebruiklike gelukstrekking tydens funksies. Twee bottels wyn was weer op die spel en Rachel van Greunen moes die gelukkige kaartjies trek. Die wenners was Paula Badenhorst en Callie Lotz.

‘n Spesiale weddenskap tussen voorsitter Philip Fourie en Jean Downing het in die loop van die aand op die lappe gekom. Dit het uitgelek dat dié twee sowat twee jaar gelede al ‘n weddenskap aangegaan het oor die grootste vis. Philip het besluit dit is nou die tyd om uitvoering daaraan te gee. Jean, die verloorder van die weddenskap, moes ewe gedweë die bottel wyn gaan koop en het dit plegtig, met ‘n kelnerdoek oor sy arm, aan Philip oorhandig.

So tussen die gesellige samesyn deur, is klublid Bev Swart so terloops gevra hoe dit deesdae met sy gholfspelery gaan. Ewe pittig het hy gesê: “My voorgee met boothengelkompetisies is deesdae baie beter as my voorgee op die gholfbaan!”

Die volgende boothengelkompetisie is Saterdag, 2 Julie 2016, met ‘n gesellige funksie daarna. Klubnavrae aan Philip Fourie by 082-747-3634, met kompetisie-navrae aan Jean Downing by 076-840-3393.

Hardus Botha

Brood & Sop vir Winteraandjie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant