Parlementariërs tevrede met Gansbaai

Parlementariërs tevrede  met Gansbaai

Gansbaai Courant

“Die DA in die Wes-Kaap is baie tevrede met die resultate van ‘n gesamentlike besoek aan Gansbaai deur verskeie Staande Komitees van die Wes-Kaapse Parlement,” sê Ricardo Mackenzie, voorsitter van die Staande Komitee vir Kulturelesake en Sport.

In Gansbaai is die volgende instansies besoek: Gansbaai SAPD, Gansbaai Biblioteek, Gansbaai Primêr in Blompark en Gansbaai Academia.

Met verwysing na Gansbaai Biblioteek het hy soos volg reageer: “We were pleased to see that the library was well resourced and is being utilised by learners and community members from Gansbaai, Masakhane, Blompark and various other farming communities.  It was also pleasing to note that the library has never had to issue fines for late return of books.” 

“We feel it is essential to introduce our youth to the world of books at an early age and through the library and schools in the area, they have the opportunity to realise their dreams,” het hy ook gesê. Hy het ook klem gelê op die uitbreiding van kwaliteit onderwys regdeur die provinsie.

“Naas die verskeie Staande Komitees, het senior beamptes van die Overberg Onderwysdistrik, onder leiding van Bertram Loriston, direkteur van die Overberg Onderwysdistrik, ook die besoek aan Gansbaai Primêr meegedoen,” sê Tommy Volkwyn, skoolhoof. “Ons aanbieding het gefokus op leerderprestasies, skool-infrastruktuur, leerondersteuning en sosio-ekonomiese vraagstukke, asook die skool se buitemuurse program.”

Na ‘n relevante vraesessie met Tommy, het hulle ook enkele klasse besoek en die skoolterrein geïnspekteer. Tommy sê die groep was baie beïndruk met Gansbaai Primêr en het ook onderneem om sekere aanbevelings na aanleiding van hulle besoek voor te lê. 

Hardus Botha

Parlementariërs tevrede  met Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant