Welkom en geniet die hengel

Welkom en geniet die hengel

Gansbaai Courant

Dis al weer vakansietyd en ons verwelkom alle besoekers, en spesiaal alle hengelaars en voornemende hengelaars in ons omgewing. Mag dit ‘n aangename tydjie wees. Kom ons kyk bietjie na die stokmanne. Waar om te probeer? Die patroon verander natuurlik as ‘t ware van dag tot dag en die weer is normaalweg die oorwegende faktor. Die wind moet in gedagte gehou word aangesien dit die water beïnvloed en ‘n ander oorweging is natuurlik watter tipe vis jy in gedagte het.

Die Franskraal/Kleinbaai-omgewing bly altyd ‘n moontlikheid, veral wat galjoen betref. Met die opklaar van die onweer die afgelope paar dae behoort dit die hengelaar te bevoordeel. Soos reeds gemeld kan die patroon enige tyd verander en moet jy kan aanpas.

Die Plaat is ‘n ander gewilde hengelplek en hier is poedingwurm koningsaas. Witmossel en rooiaas lewer vir sommige hengelaars die gewenste resultate.

By die Gruis, wanneer die sloepe oopgespoel is, kan ook vis raakgeloop word.

Dan is daar nog Pearly Beach en die Damme. Hierdie plekke kan nooit afgeskryf word nie.

Rietfontien, verder aan, is ‘n ander gewilde plek. Wees maar op die uitkyk vir groot steenbras en mosselkrakers wanneer jy hier hengel.

Dis nou bietjie laat in die jaar vir kabeljou by Haaiklip, maar met die regte kleur water kan jy nog vis hier raakloop.

Om sukses te behaal, hou die volgende in gedagte: ‘n verskeidenheid van ase en baie, sommer baie geduld. Wanneer iemand jou vertel waar die vis loop is dit gewoonlik al te laat! As jou lyn nie in die water is nie gaan jy beslis nie ‘n vis vang nie, so gaan probeer gerus  --  dis goed vir die siel en die afwagting is lekker.

Wil jy vanaf  ‘n boot hengel? Onthou die skipper benodig ‘n spesiale permit, buiten die hengelpermit wat al die ander manne moet hê. Hou by die regte visgroottes en die wettige hoeveelhede. Jy benodig visaas, rooiaas of witmossel. Aanvaar maar die reëls en hou daarby, dis ongelukkig ‘n noodsaaklike euwel. Baie min ander sportsoorte verskaf jou soveel opwinding en tevredenheid.

Op die oomblik is daar hotties, roman, silwervis, rooistompneus en so paar ander visse te vang.

Wees op die uitkyk vir geelbek en selfs snoek behoort binnekort hier uit te slaan.

Indien jy nie die omgewing ken nie, soek ‘n betroubare skipper en gaan met ‘n geruste hart see toe. Lekker kuier almal!

Seemeeu

Welkom en geniet die hengel

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant