Vlieg- en helivelde dalk in sig

Vlieg- en helivelde dalk in sig

Gansbaai Courant

Die moontlikheid van Munisipale vlieg- en helivelde gekombineerd, kan dalk ‘n realiteit vir Gansbaai en Hermanus word, met moontlike liggings wat nog geïdentifiseer sal word.

Sowat dertig hoë-profiel voorstaanders van ‘n vliegforum het op Saterdag, 25 Junie 2016 in die Lighthouse Tavern naby Danger Point bymekaargekom.

Die vooroggend het as ‘n kenmekaar geleentheid begin, waarna ‘n in diepte stigtingsvergadering begin het. Voortspruitend uit die vergadering is die Overberg Aviation Development Forum (OADF) amptelik gestig.

Mauritz du Plessis van Perlemoenbaai en ook Springbok-vlieënier, was die inisieerder vir so ‘n stigtingsvergadering, met Johan Lottering van Hermanus wat as koördineerder opgetree het, met Overberg Aviation wat as borg gedien het.

Die nuutverkose komitee van die OADF, wat as Dagbestuur sal dien, is soos volg: Johan Lottering (voorsitter), Athol Young (visie-voorsitter), Mauritz du Plessis (Gansbaai koördineerder), Brian Cartwright (Woordvoerder: Veiligheid) en Ken Stead (Woorvoerder: Streeksbeplanning).

Lt.Kol. Riaan Combrinck tree as Lugmag koördineerder vir OADF op.

Mauritz en Johan het op 20 Junie 2016 ‘n twintig minute gesprek oor Whale Coast Radio gevoer, waartydens die OADF aan luisteraars bekendgestel is.

Die mening is uitgespreek dat inwoners van die Overberg verbaas sal wees oor die diepte van kennis en diversiteit van ondervinding onder vliëniers in die omgewing en dié wat teenwoordig was, dek bykans die volle spektrum van die vliegkuns.

‘n Uittreksel uit die OADF se persverklaring lui soos volg: “The respective presentations on air safety management by former SAA captain and current aviation safety auditor Brian Cartwright and Lt. Col. Riaan Combrinck, in charge of air traffic control of the Overberg Air Force Base, the latter on airspace management and balancing various interests, dispelled any idealistic notions about obstacles to be cleared before new aviation facilities could be established in the region. A tightrope might have to be walked considering the eco-sensitive region.

The committee resolved to enter into discussions with local government to develop criteria for the establishment of direly needed state or municipal funded aviation infrastructure.”

Vlieg- en helivelde dalk in sig

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant