Nuwe Logo Nuwe Visie Nuwe Missie

Nuwe Logo Nuwe Visie Nuwe Missie

Gansbaai Courant

Die nuutontwerpte embleem, ‘n nuwe visie en missie, asook gestruktureerde doelwitte is ‘n goeie aanduiding dat Gansbaai Sakekamer volspoed en doelgerig op dreef is. Hierdie nuwe inisiatiewe is tydens ‘n ledevergadering van Gansbaai Sakekamer deur die voorsitter, Julia Barlow, bekendgemaak. Die verrassing van die aand was egter die teenwoordigheid van Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie. Haar taak was om ‘n geraamde sertifikaat vir Eervolle Lidmaatskap aan Fanie Bothma te oorhandig. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Sakekamer wat ‘n lid op hierdie wyse bedank word vir jarelange aktiewe diens.

“Fanie het tien jaar as voorsitter van Gansbaai Sakekamer gedien, waartydens hy en die komitee hulle tot die vestiging van ‘n organisasie met ‘n goeie reputasie beywer het,” het Raadsdame Botha-Guthrie gesê. Dit was onder sy leiding dat Gansbaai Sakekamer in 2014/2015 as die Beste Sakekamer van die Jaar aangewys is.” Sy het na die belangrikste vaardigheid van ‘n leier verwys, naamlik die vermoë om met die nodige bekwaamheid en integriteit te lei, aangesien ‘n leier die sukses of mislukking van ‘n organisasie kan bepaal. “Fanie het volwaardig hieraan voldoen.” Sy het die voormalige president, Nelson Mandela, aangehaal: “A good head and a good heart are always a formidable combination.” Sy het gesê hierdie aanhaling som haar sentimente oor Fanie op en hom bedank vir jarelange strategiese insig en toegewyde leierskap, nie net in Gansbaai nie, maar ook die Overstrand as ‘n geheel.

Daarna het sy die geraamde sertifikaat aan Fanie oorhandig, met ‘n pragtige ruiker aan sy eggenote, Julie. Fanie was onbewus van die reëlings en het gesê dit is vir hom ‘n groot eer en vreugde dat hy die status van ‘n Erelid ontvang het.  

“Vanaand sal as ‘n besonderse gebeurtenis in my lewe gekoester word,” het hy gesê.

Nuwe Logo Nuwe Visie Nuwe Missie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant