Lionpresident se prestige inhuldiging

Lionpresident se prestige inhuldiging

Gansbaai Courant

 ‘n Dame is op 19 Junie 2016 vir die tweede agtereenvolgende jaar as Gansbaai Lionsklub se ses en twintigste Lionpresident ingehuldig.

Die uittredende Lionpresident, Ina Ogilvie en die voormalige Distriksgoewerneur, Heather Hartman, het die inhuldiging van die nuutverkose Lionpresident, Marietta Hattingh, waargeneem.

“Toe ek ‘n jaar en ‘n paar maande gelede na Gansbaai verhuis het, het ek in my wildste drome nie gedink ek sal vanaand hier staan nie,” het Marietta gesê. “Dankie vir die vertroue wat julle in my gestel het.”

Daarna het Marietta haar kabinet bekendgemaak: Fred van Eeden (visie-president), Boats van Staden (tesourier en projekte); Betty de Fisscher (sekretaris); Pieter de Vries (lidmaatskap en sosiaal); JB van Rensburg (leeutemmer); Geert Willems (Draaksteker). Hierdie jaarlikse prestige geleentheid is in Panorama restourant se pragtige onthaalsaal aangebied, met ‘n smaaklike drie-gang maaltyd na afloop van die verskillende seremonies.

Twee nuwe Lions, JB en Christelle van Rensburg, is ook gedurende die funksie ingehuldig en verwelkom.

Lion Ina het in haar jaarverslag na vele liefdadigheids- en fondsinsamelingsprojekte verwys. Die grootstes is die jaarlikse Halfmarathon (31 Des) en die Bergfietsmarathon (Februarie). “Baie dankie aan Gansbaai Lions wat my deur die jaar ondersteun het om ons leuse, ‘Ons Dien’ te kon uitleef,” het sy gesê. Daarna het sy die volgende trofeë oorhandig: Presidents Trofee - Betty de Fisscher; Lion van die Jaar Trofee - Boats van Staden; Projekte Trofee - Aan alle lions vir hul goeie sameweking deur die jaar (dié trofee sal in die klubsaal opgehang word).

Lionpresident se prestige inhuldiging

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant