Wat gebeur as GOD Homself sigbaar maak?

Wat gebeur as GOD Homself sigbaar maak?

Gansbaai Courant

“Toe die volk die donderslae en die klank van die ramshoring hoor, en die weerligte en die rook op die berg sien, het hulle van angs gebewe en op 'n afstand bly staan. Hulle sê toe vir Moses: “Praat jý liewer met ons, en ons sal luister. Moet tog nie dat GOD met ons praat nie, want dan sal ons sterf.”  (Eks. 20:18,19) 

Dalk vra jy ook soos baie ander mense: Hoekom maak GOD Homself nie meer sigbaar en bekend aan ons nie? Dan sal ons mos makliker kan glo! Hoekom lyk dit asof Hy vêr van ons verwyder is en nie eers altyd ons nood raaksien nie? “Kom ons te hulp! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Moet ons nie vir altyd verstoot nie! Waarom draai U u rug vir ons? Waarom steur U U nie aan ons ellende en smaad nie?” 

(Ps. 44:24,25)

Ek het ook hieroor gewonder totdat ek gesien het hoe GOD Homself wel sigbaar gemaak het aan Sy volk in die woestyn. Daar het GOD aan Moses verskyn in die tent van samekoms en by die berg Sinai. (Eks. 19:17) Die HERE het self in ’n wolkkolom aan die volk verskyn! ((Deut. 31:15) Die teenwoordigheid van die HERE was só oorweldigend dat die volk in vrees en bewing gestaan het en vir Moses gesê het dat hy eerder met hulle moet praat voordat GOD met hulle praat! En dink jy die volk het nou meer geglo? In plaas daarvan dat die volk nou meer gehoorsaam aan GOD word, het hulle verder van Hom weggedwaal. Hulle het self ’n kalf gemaak om te aanbid eerder as om op Moses en die HERE te bly wag! (Eks. 32) GOD het aan hulle soveel seën en bestendigheid belowe as hulle maar net bereid was om Hom met hulle hele hart, siel en verstand te volg. Ook hierdie beloftes het hulle nie meer gehoorsaam gemaak nie. Die hele Ou Testament is ’n bewys van ’n volk wat GOD gesien het en tog nie meer geglo het nie.

Toe probeer GOD weer. Hy laat Homself sigbaar word in die persoon van Sy Seun, Jesus. Nog nooit het GOD duideliker aan ons gewys dat Hy vol liefde en genade is nie. Hy is bereid om al ons sonde en ons skuld weg te neem as ons maar net bereid is om aan Hom gehoorsaam te bly. Wat meer kon GOD doen? Selfs dit het nie gewerk nie. Ons lees dat baie van Sy dissipels omgedraai het en Hom nie meer gevolg het nie! (Joh. 6:66) En vandag? Lyk dit vir jou asof ons nou meer in lyn met GOD en Sy Woord lewe?

Jy het ’n keuse. Besluit of jy ontevrede gaan bly omdat GOD nie meer sigbaar is nie en of jy Hom gaan liefhê  met jou hele hart, siel en verstand. Probeer dit en dalk kom jy gou agter hoe GOD se beloftes in jou lewe waar word. GOD wil vir jou die lewe in oorvloed gee! (Joh. 10:10) Hy is getrou – is jy?

Wat gebeur as GOD Homself sigbaar maak?

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant