Die voorberei van jou “tackle”

Die voorberei van jou “tackle”

Gansbaai Courant

Die goeie nuus is dat enkele snoek tussen die ander visse aangetref is, en hopelik verbeter vangste maar die see het teen Maandag maar onstuimig gelyk. Kom ons kyk wat gebeur.

Vir baie mense wat nie hengel nie sal dit seker moeilik wees om te verstaan waarom die voorberei van jou gereedskap so ‘n aangename taak is  --  jy sien nou wel nie uit daarna nie, maar laat ek verduidelik!

Wanneer jy na ‘n dag se vangs op see tuis kom en die boot is gewas en gebêre en al die ander goed is op hulle plek en jy kan eindelik tot ruste kom het jy werklik nie die tyd of die lus om gereedskap voor te berei nie. Gewoonlik verloop ‘n dag of wat voordat jy weer die see kan aandurf en dis in hierdie tydgleuf dat die storie verander. ‘n Hengelaar is altyd bereid om aan te pas en te eksperimenteer.

Somtyds is daar (vir jou) ‘n vreemdeling aan boord wat sy eie idees het en skielik is hy die ou wat die vis vang. Dit gee jou die geleentheid om met die oog te steel en van sy vaardigheid gebruik te maak. Dit kan beteken dat jou “tackle” anders voorberei moet word. Dit kan ook wees dat met jou volgende see toe gaan jy vir ander vis gaan probeer. Jou eerste prioriteit is om van kraaineste ontslae te raak  -- nie van die aangenaamste takies nie! Dan begin die eintlike storie. Jy moet nou hierdie tipe hoeke probeer en afskaal na ‘n dunner lyn. Bowendien moet jou lyne nou anders opgemaak word. Groter of kleiner sinkers, of dalk glysinkers. Nou begin jou brein oortyd werk en jou verbeelding vat oor. Jy voorsien reeds hoe jy met die anderste gereedskap die vis gaan baasraak.  Jy sorg ook vir drie hottielyne (dis nou om tyd te spaar in geval jy van jou lyn verloor). Dan moet jy ook sorg vir die groter vis. Ons praat van groot gedrogte soos geelbekke van 10 kg., geelstert, snoek en massiewe PW’s, rekordgrootte romanne. Nog nie eens oulywe gemeld nie. Dalk is daar nog ‘n gelopene êrens. Onthou jy berei nou voor om gereed te wees vir al hierdie verskillende vissoorte (die goed gaan massief wees  --  wel, so verbeel jy jou) en hierdie nuwe visstok gaan sy ding doen.

Dan sorg jy dat jou vismesse vlymskerp is. Nou word alles reggesit, gereed vir die uitgaan, en jy kan nie wag nie. Lekker!

Groete,
Seemeeu

Die voorberei van jou “tackle”

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant