Singer stik foutloos vir HaS basaar

Singer stik foutloos vir HaS basaar

Gansbaai Courant

Net so hard soos wat ons dorp se handvaardiges en goedhartiges aan vanjaar se Herberg-aan-See basaar werk, net so foutloos stik die handmodel Singer naaimasjien van Maryna Rossouw aan die veelkleurige poppe wat sy vir dié geleentheid maak.

Die 75 jaar oue naaimasjien vanuit Engeland, dateer uit 1941 en is oorspronklik deur Maryna se ma aangekoop. Maryna sou graag wou weet of daar ouer Singer naaimasjiene as dié een in die omgewing is.  Lesers kan gerus die Gansbaai Courant laat weet.

Maryna se vrolike verskeidenheid poppe weerspieël die absolute noukeurigheid waarmee sy hierdie liefdestaak uitvoer. Sy maak ook dekentjies vir die popbedjies wat Das van Dyk vir die basaar vervaardig.  Maryna is ook die koördineerder van vanjaar se basaar wat vir 1 Oktober beplan word.  Sy was in 1995 een van Gansbaai Goue Hande se stigterslede en is sedert 1996 betrokke by HaS se jaarlikse basaar. Maryna en haar eggenoot, Johan, woon al twee en twintig jaar in Kleinbaai.

Soos vele ander, is Roger Voigt van De Kelders ook hard besig om sy kant te bring.  Hy verteenwoordig die dorp se houtwerkklub deur handige houtspeelgoed te vervaardig. Hy doen ‘n beroep op veral die dorp se jong mense om aan te sluit by die Overberg Houtwerkers Assosiasie.  Belangstellendes kan Hennie Prinsloo skakel by 083-414-7962.

‘n Baie ywerige Francia van Dyk is besig om makataankonfyt te kook vir die basaar.  Herman Young van De Kelders het makatane geskenk, waarvan die grootste ‘n tamaaie 50kg is.

Die organiseerders is dringend opsoek na oorskiet wol, lap, hekelgare, roomysbakke en 5 liter waterbottels. Francia kan by 028-384-0262 geskakel word vir navrae, hulp en skenkings.

Singer stik foutloos vir HaS basaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant