Twaalf versorgers gereed vir arbeidsmark

Twaalf versorgers gereed vir arbeidsmark

Gansbaai Courant

“Gryp die Dag” is die sinvolle betekenis van Carpe-diem. Twaalf studente het die kursus van Carpe-diem Opleidingsentrum onder leiding van Suster Iréne de Waal suksesvol deurloop. “Ses van hierdie studente het reeds werk gekry en dít is waaroor die opleiding gaan - om werkskepping daar te stel,” sé Iréne.

Jan Naudé het die oorhandigingseremonie op gepaste wyse geopen. Iréne het die eed van Florence Nightingale aan die studente voorgelees terwyl elke student ‘n brandende kersie in die donker saal vasgehou het.

Magrieta Adams, Bestuurder: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum, het die welverdiende sertifikate aan die volgende studente (alfabeties) oorhandig: Aldine Jantjies, Carrol Mbuzeni, Cornelia Jantjies, Ferlancia Plaatjies, Gerda Gibson, Heloise Koert, Kirsten Forry, Lola Thafeni, Luwenda Jantjies, Michelle Tobias, Sarah-Lee Forry en Thembi Ntsukune.

Die Topstudent (teorie en prakties) tydens hierdie kursus, was niemand anders nie as Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum se bekende Gerda Gibson. Sy is in beheer van Oak Grove Nasorgsentrum waar sy haarself uitstekend van haar taak kwyt.

Die vorige Topstudent, Minette October het die groep geluk gewens en gesê: “Wie nie waag nie, sal nie wen nie en onthou, ‘n vriendelike glimlag is die beste medisyne wat daar kan wees”. Iréne is ‘n geregistreerde verpleegkundige en assessor en sê daar bestaan ‘n groot behoefte aan werksgeleenthede, veral onder senior burgers en verswaktes wat tuisversorging benodig.  “Hierdie studente het deeglike en toepaslike opleiding ontvang en is gereed om ‘n bekostigbare vier-en-twintig uur diens te lewer,” sê Iréne.

Skakel Suster De Waal by 028-212-1138 of 071-125-4704, of stuur ‘n e-pos aan haar by carpe-diem@voda mail.co.za.

Twaalf versorgers gereed vir arbeidsmark

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant