Gansbaai Courant

Wes-Kaap Premier bring besoek

Wes-Kaap Premier bring besoek

Gansbaai Courant

‘n Prestige ontvangs is vir die Wes-Kaapse Premier, Helen Zille, te Grootbos Privaat Natuurreservaat gereël tydens haar besoek aan Gansbaai verlede week.

Vroeër die middag van 6 Julie 2016 het sy welwillendheidsbesoeke aan Blompark en Masakhane gebring.

In Masakhane het ‘n groot groep inwoners al dansende en singende, Zille inkluis, agter haar deur die strate gestap. Sy het nie gehuiwer om van haar vlot Xhosa-magtiging gebruik te maak nie, wat groot byval onder die inwoners gevind het.

In Grootbos se luukse kompleks het sy as gasspreker opgetree waar ‘n groot hoeveelheid gaste teenwoordig was.

Nog eregaste was Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie (Overstrandse Uitvoerende Burgemeester); dr. Michael Cardo (Lid van die Parlement); Masizole Mnqasela (Lid van die Provinsiale Parlement); Rudolph Smith (Overstrandse Burgemeesterskandidaat); Dudley Coetzee (Overbergse Onderburgemeesterskandidaat) en Riana de Coning (Wyk 2).

Gansbaai se drie Kiesers-wyke is: Wyk 1 (Franskraal, Klipfonteyn 1 en Masakhane); Wyk 2 (De Kelders, Perlemoenbaai, Gansbaai dorp, Blompark, Kleinbaai, Dangerpoint en Klipfonteyn 2); Wyk 11 (Pearly Beach, Baardskeerdersbos en Stanford).

Wes-Kaap Premier bring besoek

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant