Hengelaars kampeer om die braaivuur

Hengelaars kampeer om die braaivuur

Gansbaai Courant

Boothengel was verlede Saterdag (2 Julie) taboe vir die Birkenhead Boothengelaars, maar soos gewoonlik het dit geen invloed op ‘n gesellige aandfunksie gehad nie.

Vir die yskoue saal het Boetie Bosman vroegaand enorme stompe, soos vir 'n kampvuur, in die binnebraai brandgesteek wat vir ‘n gesellige en warm atmosfeer gesorg het.

Met Lorainne Fourie se uitstekende potjiekos daarmee saam, kon die aand maklik as ‘n kampeerdery in die bosveld beskryf word.

Twee nuwe klublede, nogal ma en dogter, Renate en Nina Engelke is bekendgestel en het hul lidmaatskapkaartjies ontvang.

“Hierdie twee het eintlik nie bekendstelling nodig nie, maar die nodige formaliteite moet nou afgehandel kom,” het voorsitter Philip Fourie gesê.

Daarna het geselligheid en saamkuier oorgeneem en is daar behoorlik gekuier en gedans tot laataand toe, met Jan Lourens stewig agter die klub se Musiekfabriek.

Die gebruiklike gelukstrekkings vir twee bottels wyn het ook nie agterweë gebly nie. Renate Erdmann het die gelukkige kaartjies getrek, met Thérèsa de Wet en Len Staunton wat elk ‘n bottel wyn gewen het.

Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 6 Augustus 2016 geskeduleer, met die gebruiklike en gesellige aandfunksie daarna.

Klubnavrae en funksiebesprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisienavrae aan die Wedstrydsekretaris, Jean Downing by 076-840-3393.

Hengelaars kampeer om die braaivuur

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant