Alissa se goeie hart wen haar die kroon

Alissa se goeie hart wen haar die kroon

Gansbaai Courant

Haar onverpoosde harde werk het onlangs aan Alissa Coetzee (16) van Gansbaai die titel Miss Teen Commonwealth Charity in die Liefdadigheidskategorie besorg.  Die funksie het in Pretoria plaasgevind.  Sy het uit tien finaliste as die wenner in die kategorie weggestap. “Ons is baie dankbaar om veilig terug te wees en is baie trots op die uitslag van die groot aand,” sê Alissa se ma, Adéle Coetzee. Alissa is ‘n Gr 11 leerder aan Hoërskool Hermanus en is ‘n gebore Gansbaaier. Haar ouers is André en Adéle Coetzee van De Kelders.

Gansbaai Courant (16 Junie 2016) het ‘n berig oor hierdie pragtige jong meisie en haar liefdadigheidswerk geplaas. Sy het ook motiveringspraatjies by Gansbaai se laerskole aangebied. Hierdie kompetisie gee die meisies die geleentheid om hul leierskapeienskappe, modelering en openbare optredes uit te bou en om veral ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak.   

“Ek wil graag weer eens my opregte dank teenoor die gemeenskap se ondersteuning uitspreek,” sê Alissa. “Ook vir al die geleenthede wat ek gebied is om liefdadigheidswerk te kon doen.”  Alissa beplan om aan te hou met haar liefdadigheidswerk om ‘n verskil in haar gemeenskap te maak en ook om ander te motiveer om dieselfde te doen. 

Alissa se goeie hart wen haar die kroon

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant