Courant word deel van herwinprojek

Courant word deel van herwinprojek

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant trek ‘n nuwe baadjie aan met nog ‘n bewaringsprojek wat deur Gansbaai se bewaringsikoon, Wilfred Chivell geloods is.

Sondag, 3 Julie was gekenmerk as Wêreld Plastiekvrye dag en dit het Wilfred van die Bewaringstrust tot ‘n nuwe interessante aksie laat oorgaan.

Hy het een van sy werknemers van die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS), Njongo Mlimisi aangesê om met die maak van papierinkopiesakkies te begin.  Nie net word Gansbaai Courant se ou koerante vir die doel ingespan nie, maar enige rondlê of weggooikoerant word gevou en geplak vir ‘n tweede doel op ons kosbare aarde – die van ‘n eko-vriendelike inkopiesakkie.  

Dyer Eiland Bewarings Trust het tydens skou-uitstallings die idee gekry om papier vir inkopiesakke te gebruik en Njongo het met ou koerante aan die werk gespring,” vertel Brenda du Toit, Wilfred Chivell se persoonlike assistent.

Aangesien Njongo van ‘n verskeidenheid koerante gebruik maak, vervaardig hy inkopiesakke van verskillende groottes.

Hy het die sakkie in die foto hiernaas binne enkele minute spesiaal vir die redakteur van Gansbaai Courant gemaak.

Die inkopiesakke van papier is by die APSS sentrum beskikbaar en die grootse projek wat aangewend word vir die bedreigde Afrika Pikkewynspesie, kan gerus ondersteun word.

Die APSS is elke dag van die week oop vanaf 08:00 tot 16:00 vir gratis besoeke en dit is veral die voedingstye wat om 08:30 en 15:00 plaasvind, wat groot belangstelling van die publiek lok.

Lesers kan gerus die Pikkewyn Reddingslynnommer op hul selfone stoor -  072-598-7117. Die nommer kan geskakel word wanneer enige seedier gewaar word wat in nood verkeer.

Courant word deel van herwinprojek

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant