Portretfoto’s behaal goud by Fotografieklub

Portretfoto’s behaal goud by Fotografieklub

Gansbaai Courant

Na aanleiding van Robert Johnson se onlangse opleidingsessie oor portretfoto’s, het die enkele beoordelaar behoorlik kopgekrap tydens verlede week se kompetisie.  Gansbaai Fotografieklublede is streng beoordeel, maar tog is ‘n paar goue toekennings gemaak.

Daar was twee kategorieë – die afdeling vir portretfoto’s en ‘n ope-afdeling.

Ook in die ope-afdeling is enkele foto’s met goud beloon.

Oor die algemeen is baie goeie foto’s in altwee kategorieë vertoon en die besprekings wat telkens gevolg het, was insiggewend en is leersaam deur die klublede gevind.

In altwee gevalle is heelparty foto’s van diere en voëls vertoon, met ook etlike kinders of bejaarde persone.

Robert het onder andere gesê dit is ‘n fout om portretfoto’s net as “kop-en-skouers” te sien. Dit kan ‘n groot verskeidenheid van foto’s wees, ook van diere, maar onder bepaalde voorwaardes, waarvan die belangrikste is om op die oë te fokus.

Die meegaande twee foto’s toon die uiteenlopendheid van portretfoto’s aan, wat demonstreer dat ‘n portretfoto nie noodwendig “kop-en-skouers” moet wees nie. Te oordeel aan die goeie foto’s wat as “tuisoefeninge” geneem is, het klublede groot baat by Robert se aanbieding gevind.

Gansbaai Fotografieklub se byeenkomste is vir elke eerste en derde Maandag om 18:30 van elke maand geskeduleer en vind te Groeneweide Kwekery plaas. Die volgende byeenkoms sal  Maandag, 18 Julie plaasvind, met opleiding in kleurtegnieke.  

Navrae kan aan Riaan Jacobs by 082-373-8270 (chairperson@gbpc.co.za) gerig word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781 (secretary@gbpc.co.za). Die klub se webtuiste is www.gbpc.co.za. 

Portretfoto’s behaal goud by Fotografieklub

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant