Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Johan Fick en Linda Rossouw is tydens die seisoenafsluiting van die Franskraal Rolbalklub vir die jaar 2015/’16 met trofees vereer as spelers wat die “ekstra myl” gestap het.
Dit is die eerste keer dat so ‘n toekenning aan ‘n manlike en vroulike speler, wat nie op die bestuur dien nie, gemaak word.
Attie Louw het hierdie trofeë geskenk en ‘n stemming onder klublede het bepaal aan wie hierdie toekennings gemaak word.
Die prysuitdeling vir die wenners en naaswenners van die verskillende klubkampioenskappe het op 17 Junie plaasgevind. Die aand is op gesellige wyse afgesluit. Die laaste toernooi van die jaar is op 21 Junie 2016 gespeel. Dit was op 'n formaat gespeel waarin 'n speler in elk van die drie wedstryde saam met verskillende spelers gespeel het. Dit het beteken dat spelers in werklikheid vir hulself gespeel het, omdat die punte wat 'n span aangeteken het vir elk van die drie spelers in 'n span getel het. Dit was groot pret.
Die Algemene Jaarvergadering het op 24 Junie 2016 gevolg.
Kay Puttick is as president verkies, met Henk van der Walt as sekretaris en Jaco Swart as klubbestuurder.
Tydens hierdie bedrywige tyd het drie spanne van Franskraal ook op Riviersonderend aan 'n toernooi deelgeneem waar hulle goed rekenskap van hulself gegee het.
Met die winter wat nou aangebreek het sal bedrywighede afneem en instandhoudingswerk op die perke sal aandag geniet wanneer die weer dit toelaat. Daar word uitgesien na die nuwe seisoen wanneer beide perke weer in gebruik sal wees.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...