Tweejarige jongste deelnemer

Tweejarige jongste deelnemer

Gansbaai Courant

Die jongste deelnemertjie aan die suksesvolle Perdryskou in Baardskeerdersbos, We-An Germishuys op sy miniatuurperdjie was net twee jaar oud.

Die Baarderskeerdersbos Riding School se Beginnerskou van Sondag, 10 Julie 2016, was 'n reuse sukses met  24 inskrywings.

Die hele dag, ruiters inkluis, is deur sowat honderd mense bygewoon.

Die skou het afgeskop met 'n paar inhand klasse, gevolg deur die ryklasse.

Die speletjies was groot pret, nie net vir die kinders nie, maar ook vir hul ouers. Die dag is afgesluit met 'n fancy dress rit. Die wenner hiervan was Carli Swart (8) op die perd Bella van An-Mari Germishuys. Hulle was soos Prinses Elsa en Olaf, die prinses en sneeuman van Frozen faam aangetrek.

Ons gelukwense gaan uit aan die finale wenners van die skou: Ruiter van die dag (Beginner ruiter): Madel Swart (11) op Cocomo van Hayley Fourie; Ruiter van die dag (Lead rein): Inge Retief (4) op Jasmin van Hayley Fourie.

Ons gaan beslis volgende jaar weer 'n skou hou en ons beplan ‘n ook ‘n tweede skou later in 2016.

Hayley Fourie

Tweejarige jongste deelnemer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant