Scattered Links skarrel vir goeie werk

Scattered Links skarrel vir goeie werk

Gansbaai Courant

Gansbaai se motorfietsryers van die Scattered Links, Overberg Chapter skarrel weer ernstig rond vir hulle 2016 Overberg Rally.

Die “geskarrel” is egter op ‘n deeglike georganiseerde basis - hulle mág maar liefdadigheids“rally’s” reël.

“Ons reël jaarliks fondsinsamelingsgeleenthede vir liefdadigheid sedert ons stigting in 2006/2012,” vertel Junita Maree van die klub. “Vanjaar is egter die tweede groot rally wat gereël word, naamlik die Overberg Rally.” Hulle verwag baie motorfietsryers by Hazelvlakte, Bredasdorp gedurende die naweek van 30 September tot 2 Oktober 2016. Die kamp gaan vele pret oplewer met lewendige musiekoptredes, speletjies speel, geluktrekkings, kosstalletjies en veel meer, met talle pryse wat gewen kan word.

Vanjaar se rallynaweek is ten bate van Calvin Olivier. Hierdie jongman se lewe is vroeër vanjaar tydens ‘n ernstige motorongeluk binne sekondes verander. Die doel van hierdie fondsinsameling is om Calvin met sy enorme mediese onkostes by te staan.

Op 14 Augustus vanjaar bied die klub hulle derde Overberg “Breakfast Run” vanaf Botrivier na Gansbaai aan, ook ten bate van Calvin Olivier.

Vorige liefdadigheidsprojekte sluit onder andere die volgende in: Silwerjare Dienssentrum, Little Mason, Gideon's, Elim Huis, Bredasdorp, Kobus du Toit, Overberg Medical Response, His Blood Warriors, Adéle Roodt en Gansbaai Helpende Hande.

Vir algemene navrae rakende die Scattered Links, Overberg Chapter kan die President, Pieter Maree by 083-292-0190 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by scatteredlinks.overberg@gmail.com.

Vir navrae rakende liefdadigheidsprojekte kan Junita Maree by 083-665-5341 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by junitamaree95@gmail.com.

Scattered Links skarrel vir goeie werk

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant