Romansbaai se Barnard-huis gaan groen

Romansbaai se Barnard-huis gaan groen

Gansbaai Courant

Om ‘n Gansbaai-inwoner te wees is ‘n uitsonderlike voorreg.  ‘n Egpaar wat hierdie voorreg opreg waardeer en geniet, is Dr Christo Barnard en sy vrou, Elmarie. Hulle huis in Romansbaai is beplan om die natuur ten volle te geniet. 

Hulle is omring deur fynbos, met ‘n 180° uitsig oor die see. Allerlei bokkies, patryse en eekhorings maak deel uit van hul lewensruimte. Vir Dr Barnard was dit dus ‘n natuurlike besluit om “groen” te gaan toe die dorp al hoe meer met elektrisiteitstoevoer begin sukkel. Om sonder krag te sit, was nie net uiters ongerieflik nie, maar ook ‘n totale taboe wanneer daar mediese noodgevalle ontstaan en die plaaslike dokter nie sy motorhuisdeur kan oopkry nie. Die gevaar dat medisyne wat teen sekere temperature gestoor moet word onbruikbaar en gevaarlik kan raak, was ook ‘n groot faktor.

Die Barnard-huis het dus hierdie week “groen” gegaan toe twaalf sonpanele deur die firma “Green Sun” binne twee dae geïnstalleer is. Hierdie Duitse produk word deur Elmarie se twee seuns Andeon en Xavier Louw bemark en versprei. (sien advertensie). Die installasie van sonpanele, gerugsteun deur batterypakke, voeg waarde tot eiendom en plaas die inwoner in beheer van sy lewenstyl. Skakel gerus met hierdie twee jong manne, wat die groen uitdaging in ons pragtige land behoorlik by die horings gepak het met hul sonenergie-bedryf.

Hulle het selfs ‘n finansiële instelling genader met die sisteem wat òf die energie wat nie verbruik word nie stoor, òf dit terugsit in die elektrisiteitsisteem en die verbruiker sodoende ‘n hele klompie geld per jaar bespaar. Op hierdie wyse betaal die sisteem homself binne vyf jaar terug.

Romansbaai se Barnard-huis gaan groen

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant