Black Leaves sal moet béter wen

Black Leaves sal moet béter wen

Gansbaai Courant

Twee drieë deur die vleuel Triston Martin en ‘n doel- en strafskop, het aan Black Leaves ‘n naelskraapse oorwinning van 15-13 oor Caledon besorg.

Hierdie wedstryd was tot die einde toe in die weegskaal, nadat Brendon Lee Dickson die Baai weereens soos telke male laat ontsnap het met ‘n fatale strafskop na die pale.

Dit is glad nie die tipe wedstryde wat die span se ondersteuners wil sien nie, veral met nog so ‘n halfdosyn taai wedstryde oor waaronder Hawston die volgende een sal wees.  

Na die naweek se vertoning teen Caledon, sal die Baai met veel beter vertonings vorendag moet kom as hulle nog enigsins onder die Top 4 wil eindig.

Die Baai het hul rekening goed geopen in die eerste helfte om vinnig 12 punte op die telbord te kry, maar het daarna nie te waffers vertoon om die druk meer toe te pas nie. 

Met die Baai wat nie eintlik oor daardie kolosale voorspelers beskik nie, is hulle nog te geneig om deur die verdediging te gaan vir drieë, instede van hul vinnige “back line” weg te stuur.

Nietemin, elke wenuitslag bring groot verligting.  Black Leaves geniet nou ‘n ruskans hierdie komende naweek en pak Hawston dan weer op 30 Julie.  Sake moet nou goed uitgewerk word om Hawston te troef en sake kan gedaan wees en niks anders as groot intensiteit is nodig om die werk te gaan doen.

Black Leaves se derde span verloor 3-22, so ook die tweede span met 15-22.  Komaan Manne!

So sê “Bra G”

BLACK LEAVES SE OORBLYWENDE LIGABEPALING

30 Julie - Hawston – wegwedstryd
6 Augustus   Botrivier  - tuiswedstryd
13 Augustus -  Rangers/Bredasdorp – wegwedstryd
20 Augustus – Atlantis/Hermanus – tuiswedstryd
27 Augustus – Grabouw – wegwedstryd
10 September – Kleinmond - tuiswedstryd

Black Leaves sal moet béter wen

So Sê Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant