Ou Hardebaard in herinnering

Ou Hardebaard in herinnering

Gansbaai Courant

Soos belowe en reeds gedoen is, gaan ons hierdie week weer voort met ‘n herhaling van ‘n rubriek wat op 11 November 2005 verskyn het en gaan oor Piet Allies. Hou in gedagte dit verskyn woordeliks die-selfde.

Wanneer Piet Allies sê die wind waai so, ons moet na dié plek toe gaan, kan jy maar luister na hom. ‘n Goeie man en ‘n aanwins om hom deel van jou “crew” te hê. So praat die skippers van Piet, en gesels jy met hom word dit duidelik waarom. Hy is nou 66 jaar jonk en 54 van die jare werk hy al op see. Eers op die vistreilers (ook in Walvisbaai), en daarna, lynvis. Hy het ook op Boklam, die ou drieman-kano gewerk en daarna op Deon, ook ‘n kano. Dié het later gesink en twee man het verdrink. Toe het die sesmanriemskuite gevolg  -  van hulle nog sonder enjins. Op Dyer-eiland, Port Nolloth en Kleinsee het hy vir ‘n lewe robbe doodgeslaan teen vergoeding van R11 ‘n maand plus ‘n tiekie vir ‘n dooie rob, later opgestoot tot 5 sent! Die goed was nogal kwaai, sê hy, en jy moes jou dinge ken.

By Luderitz se banke was die doodgeslane robbe se pense altyd tjokvol kreef, terwyl dié by Dyer-eiland net met vis gevul was. Daar is duisende meer robbe vandag, volgens hom. 23 jaar gelede het hy by Sakkie du Toit se boot, Zaniter, as bemanningslid begin en is steeds by hom en baie gelukkig. Piet sê daar is nie deesdae minder vis nie.

In die ou tyd het hulle skaars verskuif en baie vis gevang. Deesdae se bote, sê hy, beweeg te veel rond en vang minder vis. Dalk byt die goed tóg deesdae skelmer. Geelbek, gaan hy aan, gee tussen Januarie en Maart pad diepsee toe en vanaf Oktober is hulle gewoonlik naby die wal. Desember tot Maart behoort die kabeljou met die baie suidoostewinde en kouer water in die vlak water te wees.

Wintermaande is wanneer hulle dieper in verkas. Die ou Hardebaard sê hy begin nou oud word en hoewel hy begin dink aan ophou visvang, gaan dit nie gebeur nie.

Daarvoor is hy te lief vir die see. Kleintyd al het hy weggeloop na die viswaters toe en dit het tot gevolg gehad dat jy nie geleerdheid ontvang het nie. Behalwe vir sy knieë is hy nog reg en gelukkig oor die loop van sy lewe. (Die probleem met die knieë is glo nie as gevolg van kruip agter vroumense aan in sy jonger dae nie!). Gedurende sy baie jare op see het hy baie waardevolle lesse geleer  --  en was baie maal amper dood.  Plesier gewees om met jou te praat, Piet. Dit was daardie tyd baie interessant en is steeds.

Groete, Seemeeu

Ou Hardebaard in herinnering

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant